Een dood, vyf beseer in Durban-ongeluk

Foto: Rescue Care

ʼn Man is dood, ʼn kleuter is kritiek beseer en vier ander persone is beseer tydens ʼn ongeluk tussen ʼn bakkie en ʼn motor Saterdag op die N2 naby die NPC-sementfabriek in Durban.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is Saterdagoggend omstreeks 09:00 na die toneel ontbied waar albei voertuie die pad verlaat en teen die skuinste afgerol het. Meeste van die insittendes is uit die voertuie geslinger.

“ʼn Man in sy 70’s het ernstige beserings opgedoen en sy hart het gaan staan. Paramedici het tevergeefs probeer om hom by te bring. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Jamieson verduidelik.

“ʼn Vierjarige meisie het kritieke beserings opgedoen en sy is met ʼn helikopter na ʼn spesialishospitaal geneem vir verdere behandeling. Die ander vier persone is op die toneel gestabiliseer voor hulle na ʼn hospitaal geneem is.”

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.