Een dood, vyf beseer in N12-botsing

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

ʼn Jong man is dood en sy pa kritiek beseer in ʼn botsing op die N12 naby Fochville.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê twee motors en ʼn vragmotor was in die botsing, sowat 15 km buite Fochville, betrokke. “Twee mans, glo pa en seun, was in een van die motors vasgekeer.”

Die seun, in sy 20’s, het die motor bestuur. “Hy het ernstige beserings opgedoen en daar was ongelukkig niks wat paramedici vir hom kon doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.” Volgens Bodasing het die pa, glo in sy 50’s, kritieke beserings opgedoen en moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word.

Bodasing het gesê die pa is op die toneel behandel voor hy na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. “Die drie mans in die ander motor sowel as die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ronel ·

Vader van alle nasies, draai SA terug na U toe. Here hou asb. u hand oor die mense wat beseer is in die ongeluk. By U is alles moontlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.