ʼn 30-jarige vrou is dood en vyf ander beseer ná ʼn skietery Woensdagaand in Oukasie buite Brits in Noordwes.
ʼn Skietery het ook Donderdag by ʼn restaurant in die Rosebank-winkelsentrum in Johannesburg uitgebreek waartydens ʼn 42-jarige man doodgeskiet is.
Volgens kol. Adelé Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, was lede van die gemeenskap Woensdagaand glo na ʼn vergadering by die Oukasie-gemeenskapsaal op pad toe ʼn skietery uitgebreek het.
“ʼn 30-jarige vrou is noodlottig gewond terwyl nog vyf mense – vier vroue en ʼn man – beseer is. Hulle is almal tussen 12 en 46 jaar oud.”
Myburgh sê die motief vir die skietery is in dié stadium onbekend en niemand is al in hegtenis geneem nie.
Enigiemand met inligting word versoek om sers. Gift Matome by 078 338 2542 te bel.
In ʼn afsonderlike voorval is ʼn 42-jarige man dood nadat hy Donderdag by die Rosebank-winkelsentrum in Johannesburg doodgeskiet is.
Volgens Paul Herbst, woordvoerder vir Medi Response, is die man twee keer geskiet waar hy saam met twee ander mense by ʼn restaurant aan tafel gesit het.
“Met paramedici se aankoms op die toneel is bevestig dat ʼn man skietwonde opgedoen het. Die slagoffer het geen tekens van lewe getoon nie.”
Die sekerheidsmaatskappy Vision Tactical is ook na die toneel ontbied en het op Twitter bevestig dat een persoon op die toneel dood verklaar is.
Active Crime Scene – Rosebank Mall, Specialised Support Units are on scene following a shooting incident.
Motive of the shooting is unknown at this stage.
1 person succumbed to their injuries on scene.
Updates to follow. ⚠️ AVOID AREA FOR NOW.https://t.co/9jzCFpEC86 pic.twitter.com/OWj8SOyxVG
— Vision Tactical (@visiontactical) June 9, 2022
Die polisie het nog nie op Maroela Media se navraag oor dié skietery gereageer nie.
Rampies, jy moet by kom, jy is nie ‘n goeie voorbeeld nie
Die terorisme sal eskaleer todat die land weer regte wetstoepassing instel met die regte mense in beheer van die wetstoepassing.
Hierdie persoon/slagoffer is vir n rede uitgehaal.