Een dood, vyf beseer ná reuse botsing; N3 gesluit

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Een man is dood en vyf mense beseer in ʼn reuse-ongeluk Dinsdagmiddag op die N3 in Gauteng. Vyf vragmotors en vyf motors was in dié ongeluk betrokke.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die N3 tussen die R23 en R550 in ʼn noordelike rigting is heeltemal versper en vir verkeer gesluit. “Verskeie nooddienste en die brandweer is tans op die toneel. Die pad sal vir ʼn paar uur gesluit wees,” het Mathe gesê.

Besonderhede oor die ongeluk is nog vaag, maar Mathe het gesê ʼn bestuurder van een van die vragmotors was drie uur lank in die voertuig vasgekeer terwyl reddingswerkers gesukkel het om hom te bevry. Hy is in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg vervoer.

Intussen is vier ander mense reeds deur verskillende ambulansdienste na nabygeleë hospitale vervoer, het sy gesê.

Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarie ·

Daar is die afgelope dae/weke, weer ‘n geweldige toename in ernstige ongelukke waarin swaarvoertuie , busse & taxis betrokke is… Mens verwag diè dinge oor langnaweke, skoolvakansies & die feesgety; maar dit word nou ‘n alledaagse ding… Wàt gaan aan?

Asjas ·

Wat aangaan is dat mense nie geld het om weg te gaan nie en as jy weggaan beroof hulle jou huis!

dries ·

Die pad sondag gery en dat daar nie meer ongelukke gebeur nie is n wonder, dit wil voorkom of die mense nie meer by hulle self is nie, as jy nie pad gee nie ry hulle bo oor jou. Wat gaan aan met die mense?

CommentQueen ·

Ek ry vanmiddag 90km na ons naaste dorp. (Soos en paar x n week doen)Kry 100de vragmotors op die pad…. en ek dink aan al die negatiewe kommentaar in vorige artikels waar vragmotors betrokke is…. Ek weet nie waar julle mense ry nie, maar elke liewe trok wat ek vandag verbygevat het, het ek n punt daarvan gemaak om te groet. Hulle hoot terug. Geen spoedvarke. Geen roekelose bestuur. Geen vyandskap. Net klomp padgebruikers wat mekaar respekteer.
Ja die een trokbestuurder het vir my geflikker dat dit veilig is om verby te steek. Ek het NOGSTEEDS SELF gekyk en SELF sekergemaak dat dit veilig is – ek het hom bedank vir sy bedagsaamheid.

So jammer vir almal wat seerkry en verlies ly in pad ongelukke. So tragies.
Ons moet wakker wees op die paaie… en onthou die pad behoort nie NET aan jou nie. Wees bedagsaam en geduldig. Kom liewers laat as nooit.

Tinktinkie ·

Maroela is dit moontlik om ook d tyd wat d berig gepubliseer word by die datum te voeg? Dankie

Sune van Heerden ·

Dagsê Tinktinkie

Dankie vir die voorstel, ons sal dit oorweeg.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

CHRISTA ·

Die Metropolisie wat wet en orde moet toepas stel nie belang nie. Dis vir hulle net ‘n lekker kussing-job. Vandag op die hoek van 1ste Laan en Boeingweg Oos, Dunvegan, Edenvale was daar ook ‘n lelike ongeluk. Ek het eers daar aangekom nadat die voertuie reeds weggesleep was. Maar daar was steeds Metropolisie op die toneel. Hulle staan met mekaar en gesels en VOOR HULLE RY 4 MOTORS OOR ‘N ROOI ROBOT!!! Hulle het nie eers ‘n oog geknip nie!!! My woorde aan hulle was net: Julle stel nie belang om wet en orde toe te pas nie, maar onthou JULLE HET OOK FAMILIE OP ONS PAAIE!!!

Wimpy gee niks om ·

Wimpy se vragmotor het my onlangs amper doodgery toe hy teen 120km/hr gejaag het. Ek het by wimpy gekla maar hulle het hulle niks aan my gestuur nie. Ek sal in my lewe nie weer by n wimpy stop nie.

Theresa ·

Sal goed wees as jul ons op hoogte kan hou met die oorsaak van hierdie groot ongeluk, asb. Vragmotors word aan ‘n spoedlimiet gebind – maar voer dit nooit uit nie. Vragmotors hoort nie in ‘n noodbaan nie, maar in die linkerbaan – ry egter gereeld in noodbaan en ook gereeld bo oor ander wat daar vir nood staan. Ook nie in die middel nie en nog minder in die regterbaan (waar hul graag jag). Hoop ons hoor binnekort wat hier gebeur het.

Mariana ·

Ja nee kyk, ek ry nooit oor die spoedgrens nie, maar 3/4 van die trokke wat ek op die pad kry laat my lyk of ek parking soek. Ons ht meer aksie en sigbaarheid van die owerhede op ons paaie nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.