Een doodgeskiet ná Mall of Africa-rooftog

Foto: Twitter

ʼn Verdagte is doodgeskiet en vier vermeende rowers is in hegtenis geneem nadat ʼn juwelierswarewinkel in Mall of Africa in Midrand Woensdagaand beroof is.

Die rooftog het omstreeks 19:30 plaasgevind. Die polisie is ontbied en ʼn grootskaalse soektog is onmiddellik na die verdagtes van stapel gestuur.

Polisiebeamptes het die verdagtes, wat met ʼn BMW X5 gery het, op Ebony Park gewaar en ʼn jaagtog het gevolg tot in Marlboroweg, het kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die gewapende bende het op polisiebeamptes losgebrand en die polisie het teruggeskiet. Die verdagtes het uit hul motor gespring en die skietgeveg het voortgegaan. Een verdagte is doodgeskiet en vier in hegtenis geneem.” Daar is op vuurwapens en ammunisie beslag gelê.

Beamptes het die verdagtes se motor deursoek en daar is op ʼn klomp horlosies, waaronder luukse handelsmerke soos Rolex, Breitling, Omega en TAG Heuer, asook ander juweliersware beslag gelê.

“Die verdagtes sal binnekort op aanklagte van sakeroof, poging tot moord, die besit van vermoedelik gesteelde goedere, roekelose en nalatige bestuur en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Henda ·

Dan sê hulle armmoede is die oorsaak van misdaad in SA, maar verdagtes het ñ BMW X5 gery.

Judge Dredd ·

Sjoe, die mall of Africa uitstappie is baie realisties !!

Magda ·

Baie goeie werk SAPD – Dit is hoe dit gedoen en gestop kan word. Baie Dankie

Neels ·

Wel gedaan SAP maar verskoon tog my agterdog ek kan nie help om te wonder nie . Hoeveel Rolex , Breitling , Tag Heuer ens het julle terug gekry, klop dit met die juweliers winkel se voorraad lys van vermiste goedere, want anders moet die versekering weer opdok vir meer as wat gekry is

Michael P ·

Shoe dit is oorlog.Ek se dit weer die oorlog het net geskuif van die Angola grens tot in die binneland.

Klippie ·

Ja Neels, mens sal ook nie weet hoeveel darvan hande verwissel het nadat die rowers gevang is, nê? Well done SAP.

Ig ·

Ek dink dit is n bargain as een Rolex in n poliesman se sak beland vir elke rower wat geskiet word

Mooi so ·

Goeie werk SAPS! Werklik knap gedaan. En indien hulle skuldigbevind word en nie uit aanhouding ontsnap nie, sal hulle seker weer binne 10 jaar tussen ons mag wandel, “gerehabiliteerd” en slaggereed vir aksie in hierdie illusie van n reenboog nasie.

JohanL ·

Welgedaan SAP – vir opsporing van “vermeende skelms” : 100%
Vir eliminasie : 1 uit 5 ( 20% ) Moes almal ge-elimineer het.

Nogtans goed gedoen.

Marietjie ·

Die berig weerlê die populistiese rasse-kaart dat mense roof en plunder a.g.v. armoede. As jy kan wegjaag in ‘n BMW kan jy darem seker nie te armoedig wees nie, of hoe?

Malanie Burger ·

In die geval lyk dit eerder, hoe meer jy het hoe meer wil jy hê…!!

wilma ·

Tong in die kies, ten minste het die rowers/diewe uiters goeie smaak!

Chris ·

Goed gedien SAP goeie opvolg werk . Henda en Marietjie het dit nie miskien by julle opgekom dat daardie BMWx5 moontlik ontein is sonder vergoeding . Dit mag miskien nie so in die berig weergegee word nie maar ek is 100% seker daarvan

Jdb ·

Hulle het weggejaaag, op di polisie geskiet, een is doodgeskiet en die ander is in die proses gevang. Die buit is in hul besit gevind. EN STEEDS IS HULLE “VERDAGTES”?

Hennie ·

Dit is waaraan ek ook baie moeilik byt. Al is hulle skuldig moet dit nog eers in ‘n hof bewys word. Gelukkig gaan hulle darm seker dadelik tronk toe.

So siek ·

Kom hule weg is die polisie swak word hule gevang is die polisie diewe né Ig en kie pateties verby!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.