ʼn Man, glo in sy 30’s, is vroeg Donderdagoggend in hegtenis geneem in verband met ʼn sakeroof.
Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 04:30 by die Riverplace Lodge buite Centurion plaasgevind.
“Vier gewapende verdagtes het die perseel binnegegaan en ʼn televisie en vier bottels wyn gesteel,” het Moloto gesê. “Spoedige reaksie van ʼn veiligheidsmaatskappy het tot ʼn skietgeveg tussen hulle en die verdagtes gelei.”
Een verdagte is in die bolyf geskiet en drie kon daarin slaag om van die toneel te vlug. Daar is beslag gelê op die gesteelde goedere.
Die verdagte is tans in die hospitaal onder polisiebewaking.
ʼn Saak van sakeroof is aanhangig gemaak en die verdagte sal binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.
Wie het hom hospitaal toe gevat? Aangesien jy so gaaf was, kan jy sommer sy rekening ook betaal want dit is nonsens dat belastingbetalers dit moet doen vir kriminele.
Dit is gewoonlik staats ambulanse wat hulle hospitaal toe vervoer, so jammer, dit kom nogsteeds uit ons sakke uit.
Nou gaan vier bottels wyn weer afgemaak word as nie so erg nie …. soos sonneblomme, koperkabels en mielies in ‘n sak NIE diefstal was nie. Hulle was seker net DORS! Hulle vat nou alle sagte teikens ook aan soos lodges en wedding venues, wie verwag nou om op ‘n heerlike samekoms of troue beroof of vermoor te word?
Ongelooflik hoe skaamteloos misdadigers deesdae net instap en roof!
Is daar niemand van ons wat met ‘n werkbare plan om die misdaad hok te slaan, vorendag kan kom nie? Ons sal dit moet doen, die regering stel nie belang nie. In teendeel…
Kan die mense nie behoorlik skiet nie?