Een kind verdrink, twee gered

Die NSRI het hulle na die toneel gehaas, maar dit was te laat om die oudste van die drie kinders te red. Foto: NSRI Richardsbaai

ʼn Seun, blykbaar 10 jaar oud, het verdrink en twee jonger kinders is deur ʼn omstander gered nadat die drie in die moeilikheid beland het terwyl hulle Sondagmiddag by Richardsbaai aan KwaZulu-Natal se noordkus geswem het.

Die NSRI se span van Richardsbaai het omstreeks 13:35 op die voorval in die omgewing van die Bay Hall gereageer nadat hulle berig van die kinders in die nood ontvang het, sê Jacques Kruger, plaaslike NSRI-woordvoerder.

“ʼn Man op ʼn waterponie, wat dit reggekry het om twee van die drie kinders uit die water te red, het hom na die NSRI-basis gehaas en hulle kom sê dat een van die kinders nog in die see was en hy die ander twee gered het, hoewel hulle beseer was.”

Die polisie se soek-en-redding-skubaduikers het die derde kind opgespoor.

Die NSRI, polisie en nood- mediese dienste het gereageer, sê Kruger. Toe hulle op die toneel kom, het hulle die twee kinders, nagenoeg ses en sewe jaar oud, behandel vir nienoodlottige verdrinkingsimptome. Hulle is per ambulans hospitaal toe gebring, albei in ʼn bestendige toestand.

Die polisie se soek-en-redding-skubaduikers het die derde kind opgespoor. Hy het reeds verdrink.

Kruger sê dit lyk asof die drie kinders saam met volwassenes geswem het toe hulle in die moeilikheid beland. Terwyl die man op die waterponie die NSRI gaan haal het, het omstanders op die strand die ander twee kinders bygestaan terwyl ander na die derde kind gesoek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shelly beach inwooner ·

Asb mense. He ruspek vir die groot water hie by ons asb. Ouers moet ten alle tye peraat wees en hul kids met val oog dop hou. Sterkte aan hierdie gesin/ gesinne

Morné van Rooyen ·

Dagsê Snuffels,
Dankie vir jou oplettendheid. Dis reggestel.
Groetnis,
Morné, nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.