Een klag teen Duduzane teruggetrek

Duduzane Zuma daag Dinsdag by die Randburg-landdroshof op. (Foto: Mia Spies/Twitter)

Een van die aanklagte van strafbare manslag teen Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, wat ná ʼn noodlottige motorongeluk aangekla is, is Dinsdagoggend in die Randburg-landdroshof teruggetrek.

Duduzane het weer vanoggend in dié hof verskyn in verband met die dood van twee passasiers van ʼn minibustaxi in Februarie 2014. Hy het met sy Porsche teen die minibustaxi gebots.

eNuus berig dat die hof vandag een aanklag van strafbare manslag laat vaar het omdat een van die oorledenes ʼn bestaande mediese toestand gehad het.

Duduzane staan dus nou tereg op een aanklag van strafbare manslag asook ’n aanklag van roekelose en nalatige bestuur nadat daar aanvanklik twee aanklagte van strafbare manslag teen hom aanhangig gemaak is.

Duduzane het onskuldig gepleit op alle aanklagte teen hom, het eNuus berig.

Phumzile Dube is destyds in die botsing dood. Nog ʼn passasier, Nanki Jeanette Mashaba‚ wat in die ongeluk beseer is, is ʼn paar weke later oorlede.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aanvanklik besluit om Duduzane nie in verband met die noodlottige botsing te vervolg nie.

In die geregtelike ondersoek wat daarna plaasgevind het, is daar later wel bevind dat Duduzane nalatig was en vir strafbare manslag vervolg kan word.

In ʼn verklaring wat vanoggend deur sy regsverteenwoordiger in die hof voorgelees is, erken hy wel dat hy destyds beheer oor sy voertuig verloor het nadat hy ʼn waterpoel getref het.

eNuus berig die hof het gedurende vandag se verrigtinge aan Duduzane gevra waar sy pa is, aangesien Zuma by die meeste van sy seun se hofverskynings teenwoordig was. Hy het geantwoord dat sy pa onderweg is.

Duduzane is een van die oudpresident se 22 kinders.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

alida ·

Dit is tog algemene kennis dat hy skotvry hiervan sal afkom. Hoekom mens flous met hofverskynings. Maak mens siek.

Jem ·

Ek stem saam jou Alida. Op die einde van die dag is dit net die arme belastingbetalers wat moet opdok.

? leser ·

nou hoe weet die hof dat die een oorledene ‘n mediese toestand gehad het, hy/sy is dan dood

Cherokee ·

Omdat die mense wat die hof beheer lesers is, leser. Hulle lees mediese verslae.

Genieve ·

Laaste paragraaf…die hof het vir hom gevra waar sy Pa is kan jy glo wat het sy verskyning met sy pa te doen????..die regstelsel faal ons elkedag

JohanL ·

Ek het presies dieselfde gedink.

Wat ‘n grap…….. totale grap.

Piet ·

So die man sou in elk gevsl dood gegaan het op daai elfde oomblik al was hy nie in die ongeluk nie ????????????

Michael ·

22 kinders nie n wonder hy is so kurupt nie klomp om voor te sorg die nar.

Ben Potgieter ·

Dit kom dus daarop neer as ‘n persoon ‘n mediese toestand het sal jy onskuldig bevind word as jy sy dood veroorsaak.Lekker man,lekker in ons piesang republiek.

GM ·

Meeste mense het een of ander mediese toestand, so hoekom dan nog moeite doen om enige iemand aan te kla? Jy sou mos eventueel doodgaan. *As mens dink niks kan jou meer verras nie*

GM ·

Ja nee Michael, dat soveel vrouens nou so desperaat kon wees nè?

Willie ·

GM presidents vroue kry n aansienlikke salaris tot hul hulle koppe neersit..maak die somme

Grassie ·

‘n Lykskouing sou mos sekerlik ‘n bevinding gemaak het oor die werklike oorsaak van dood
van die “sieke.”
Zuma Sr se 22 kinders? Dit is seker net die “wettiges”. Daardie ou het woes wilde hawer gesaai. Daar is waarskynlik nog ‘n hele klompie ander ook.

alida ·

Van wanneer af vra ‘n Landdros of Regter aan ‘n beskuldigde waar sy familie is? Dit is verregaande en belaglik. Hy moet konsetreer op die saak voor hom. Daar hoef ook nie elke keer verwys te word na Zuma se seun nie. Daar is baie mense met dieselfde van. Die hele spul maak mens siek. Hy sal NIKS oorkom nie. 22 kinders 22 grants en nugter weet hoeveel kleinkinders kry ook grants.

James ·

Gaan niks oor kom nie. Sy pa het dalk konneksies. Neee hy is die konneksie..

MJPL ·

Dis so belaglik!! Ek moes nou twee keer lees net om seker te maak.

Piet parys ·

Niks gehoor teen watter spoed hy ry nie . Water was blykbaar die oorsaak . Porche het glo gegly en dit is blykbaar n probleem van die sportskar met die bande
Belaglik ne . As ek daai vrou se familie wat kwansuis nie dood is agv die ongeluk ‘,sal hom privaat dagvaar . Daar word mos gese jy kan met moord wegkom as jy die geld en die regte korrupte regsmense het

Ekke Dink ·

Nou goed dan, as n mediese dokter die genade dood m\toepas, omdat die pasient ly en n ongeneeslikke siekte het, is hy mos ook onskuldig? Vra maar net.

jessica ·

so then if it happens to other people they should also walk free, just get they medical records stating they have diabetes, kidney, heart, bladder conditions and conditions even skin conditions, so if you get run over they pull your medical history and the one who kills you can be free, now that’s news for South Africa. New law not to go to prison.

Anoniem ·

Ek is nou so verward. Wat hulle nou se as ek reg verstaan as jy n mediese toestand het, se maar kanker en jy sal oor n jaar dood gaan aan die kanker maar nou kom n ou twee maande nadat jy die nuus gekry het van jou toestand en hy ry jou dood dan trek hulle die saak terug want jy sou tog dood gegaan het aan kanker. Nou vra ek is die regter nou God. Want jy kon dalk herstel het of nog 10 jaar geleef het maar omdat jy jag en n ander se dood vervroeg het en omdat die person n siekte toestand gehad het nou is jy ok. Stuur asb vir my al die mense met mediese toestande se name sodat ons hulle kan dood ry want dit is mos reg. Slaan sommer almal met aids, tuberkulose ens. dood want die regter se dit is reg. Hoe absurt.

Ra Amon Khan ·

.
.
Hoeveel staats-kriminele wat gevang roof,plunder en moor word is tronk toe in die afgelope 25 jaar ? …

.
.

Gert van Wierdapark ·

Sal graag wil weet of hy ooit getoets is vir die alkoholvlak in sy bloed. Die nat weer word blameer vir sy “ongelukkie”! ‘n Motor is’ n gevaarlike wapen in ‘n padvark se hande, so ‘n Moordklag is meer van pas as “strafbare manslag” wat sommer sag op die oor klink. Sluit die swerkater toe!

Donkie ·

Hy voel niks vir sy slagoffers nie, sy PA voel niks vir die slagoffers nie .. laat hom loop .. wie gee om ? Julle spul bevoorregte swart elite kom mos niks oor nie . Ry met ‘n PORSCHE maar maak of hulle vir die ARMES omgee? Hoekom het hy nie die families probeer bystaan finansieel nie? NEEWAT .. hy sal niks oorkom nie . WIE WIL WED?

marous ·

As daar gepleit is kan aanklagte nie teruggetrek word nie . Die nvg moet vervolgingstaking magtig en dan is die beskuldigde geregtig op uitspraak .

Arno ·

So gaan alles een vir een deur die korrupte NVG en goedgunstige anc regters teruggetrek word.

Felix ·

Ek lees nou die dag van ‘n man in die buiteland wat so kwaad vir sy ouers is dat hulle hom in die lewe gebring het, dat hy hulle dagvaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.