‘Een koeël, een Amerikaner’, dreunsing dit buite Amerikaanse ambassade in Pta

Solly Mapaila, sekretaris-generaal van die SAKP, buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria. (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

ʼn Dreigement van “een koeël, een Amerikaner” is Donderdag buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria gejil waar honderde betogers byeengekom het om kapsie te maak teen Amerikaanse buitelandse beleid in die Midde-Ooste.

“Die Amerikaners is die grootste terroriste ter wêreld. Hulle is verantwoordelik vir terreur in Kuba, Venezuela en talle ander lande in Suid-Amerika. Nou het hulle besluit die Midde-Ooste is hulle basis. Ons boodskap is dat daar geen tuiste vir julle is nie, anders gaan julle huis toe in kiste. Binnekort gaan julle die slagspreuk ‘een koeël, een Amerikaner’ hoor,” het Shuaib Booley, voorsitter van die Ahlul Bayt- Islamitiese Raad van Suid-Afrika onder luide toejuiging van die skare gesê.

Booley het die skare gelei in krete van “Allahu akbar” (God is groot) terwyl ambassade-werkers die betoging op ʼn afstand gade geslaan het. Amptenare het Booley later gestuit voordat hy die gebou kon binnegaan as deel van ʼn afvaardiging wat ʼn memorandum sou oorhandig.

Ook teenwoordig by die betoging was die sekretaris-generaal van die SAKP, Solly Mapaila, wat gesê het die party en sy alliansievennote gaan deelneem aan protesoptrede teen sogenaamde Amerikaanse inmenging in die streek.

“Die hele alliansiebeweging gaan ʼn reeks optredes hier by die Amerikaanse ambassade [in Pretoria] en by hul kantore in Durban, Kaapstad en Johannesburg reël.

“Ons gaan voort met die optrede totdat die VSA hom aan die Midde-Ooste onttrek. Hy moet sy hele mag onttrek,” het Mapaila gesê.

Polisielede het die situasie fyn dopgehou terwyl die skare, bestaande uit lede van die SAKP, ANC en ander, die Amerikaanse pres. Donald Trump gekritiseer het vir die dood van die Iranse generaal Kassem Soleimani. Soleimani is vroeër vandeesmaand in ʼn Amerikaanse hommeltuigaanval in Irak dood.

“Die Amerikaanse regering moet weet ons is ontevrede met sy destabilisering van lande wêreldwyd,” het Mapaila gesê.

“Ons staan Amerikaanse imperialisme teen. Ons staan Amerikaanse aggressie teen. Ons is ten gunste van menslikheid en dat almal in vrede moet leef. Ons sê nee vir oorlog, nee vir aanvalle, nee vir sanksies teen demokratiese state, waaronder die Islamitiese Staat van Iran.”

Clever Banganayi, adjunk- sekretaris-generaal van die Vriende van Kuba-vereniging, het ook gesê die VSA moet sy weermag uit die Midde-Ooste onttrek.

“Die VSA het soveel sanksies op die mense van Iran ingestel om chaos in die land te saai. Hulle soek olie [van Iran]. Dit is nie die eerste lande aan wie hulle dit doen nie. Hulle het dit in Latyns-Amerika, Venezuela en in Bolivië gedoen,” het Banganayi gesê.

Imam Seyyed Abdollah Hoseyni van die Islamitiese Sentrum vir Afrika, het ook sy organisasie se boodskap gelewer en het die skare gelei met krete van “dood vir Amerika”.

“Binnekort gaan julle die Midde-Ooste verlaat en ons gaan ons oorwinning vier. Die situasie gaan erger wees as wat dit nou is. Vat julle goed en gaan, of ons gaan julle huis toe stuur in kiste. Julle het Soleimani doodgemaak,” het Hoseyni gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

Carl ·

Lagwekkend! Soleimanie het sy eie mense uitgemoor. Waar is julle drones nou?

Ja swaer ·

Dis mos haatspraak. Waar is die menseregte kommissie? Of het buitelanders nie regte in hierdie land nie?

Ig ·

Trompie sal jou soos n vlieg uithaal my maat, raak net aan n Amerikaner en jou dae is vinnig getel. Ek dink net n 100 Amerikaanse Soldate sal ons weermag heeltemal elimineer binne n dag of 2.

Trojaanse Donkie ·

Van watter weermag praat jy nou, hulle kan nie eers woongebiede veilig maak nie. Kyk net hoe masjeer die klomp lummels, en die vetsug bly ook nie ver agter nie. Hulle sal nie langer as 100 meter kan weghardloop nie.

Suez ·

Uhmmm dink hulle soek met verkeerde mense moeilikheid hier!!Haatspraak defn,die Drones gaan hulle kom uitvat hier in julle grénd huise!!Tough boys daardie om mee skoor te soek …

vis ·

Amerika het net 50 “operators/special forces” nodig om ons weermag plat te maak. Ek kan maar lag vir die uneducated previous disadvantage slagoffers wat hulle eie skole af brand omdat daar ‘n pothole is in die pad en hy besit nie eers ‘n voertuig nie.

Wanda ·

Oeeeeee, hulle krap met n klein stokkie aan n groot leeu se bal

Diertjie ·

Dis so lagwekkend!!! En waarmee gaan hulle trompie aanvat? Met n ge toy toy en daai stokke waarmee hulle so dans! Net as ek dink ek het als gehoor … lag my slap!

Rêrig... ·

Leef in vrede sê hy….
Wat van plaasaanvalle?
Wat gaan in jou eie land aan?
Dalk eers die balk uit jou eie oog haal.

Ek vra net ·

Maar het Amerika nie sy eie olie nie? Of is die ander lande se olie beter as Amerika sin? Dink hierdie ouens Trump gaan vir hulle skrik en gou gou sy troepe onttrek om hulle tevrede te stel? Weet hierdie ouens nie wat kan met hulle gebeur? Hulle is nie eens ń lastige vlieg vir Trump nie. As die Amerikaners se drones so goed werk, kan hier dalkies ook drones vlieg. Dalkies gemonteer met ń machine gun.

Ruan ·

Heeltemal reg. VSA is energie onafhanklik. Het niemand se olie nodig nie

Morne ·

Oooo liewe aarde maar die goed is dom en onnosel, hy het sy eie mense gemoor en 500 amerikaners ook. Skrik wakker julle dom drekse goed.

AndreD ·

Amerika is nie ‘n land wat dreigemente ligtelik opvat nie,….julle speel hier met vuur!!!

Trojaanse Donkie ·

Hulle hoef maar net flieks en tv programme stop dan sal ons nie verder weet wat om met onsself te maak nie.

Nico ·

Natuurlik sal die SAK(ommunistiese)P lede alles teen die VSA ondersteun.
En hul publieke uitsprake is dan ook nie haatspraak nie.
Maar “Een koeel een swarte” of “Een koeel een Muslim” sal my as wit persoon minstens 5jaar besorg…

HPV ·

Een “drone” een vyand van Amerika. Lank leef Amerika en Israel!

Jakes ·

Hoor hier bul…pasop dat daai Amerikaners nie begin terugskiet nie!

Klapper ·

He he he, hulle is teen geweld? En tog is dit hulle wat dreigende dinge skree soos ” Kill the farmer, kill the boer”, “One bullet, on boer” ! Slefs die polisie is aggresief en aanvallend! Hulle bevestig nou net aan die buiteland hoe wraaksugtig en veglustig hulle is. Pateties!!
Asof enige iemand nou hulle opinie gevra het. He he he!

HC ·

Donald Trump het niks met ons land, SA gedoen nie.. Ek wens hy kom om ons land te regruk maar ek dink hy sal nooit kom nie..
Hoor Donald Trump wat het ons land oor jou gese..

Ina van der Walt ·

Ek stem, Trump steur hom nie daaraan nie, en ons sien ook niks hiervan op enige van die buitelandse media nie. Maar laat een van ons een woord verkeerd sê basuin die wêreld dit uit.

Sê maar net ·

… ja nee asof die Amerikaners nou vir die klomp gaan skrik….pfft….

Adri ·

En om ons boere uittemoor is niks. Word verdwyn en ontken maar hul bekommer hul oor Trump

Wonder net ·

Wonder net wanneer die ou en sy volgelinge gaan wakker skrik? Hulle praat in hulle slaap

Ian ·

Ek wonder nou weer wanneer Trump gaan wakker skrik oor die situasie in SA? Sy stilte is oorverdowend of gee hy dood eenvoudig net niks om nie?

Francois ·

Vader mense, dis seker bitter swaar om met net een breinsel deur die lewe te gaan…!

Asmain ·

En dan is die breinsel nog op tyddeel ook en dis nooit hulle week nie!

Anel ·

Nou wat soek julle dan nog hier? Gaan help julle mede lapkoppe en verlaat ons land. Julle hoort nie hier nie. Lekker grootbek hier wasr dit “veilig” is!

barend v d westhuizen ·

hulle jaag hulle weg maar kan nie gou genoeg kruip om hulp en geld te kry nie pas op dat suid afrika nie ook op die lys kom van gevaar vir hulle nie en suid afrika sal net aan die kortse end trek

Van zzzyl ·

Hoe klink n “drone” ? Wwwww of zzzzzzzzz . One drone , one settlement se hulle

Lady Liberty ·

Imbesiel. Shame, ek het lanklaas so lekker gelag. Hy is “clueless”. Net omdat hulle in SA wegkom met uitlatings soos “one settler one bullet” of “kill the boer” beteken nie die VSA hoef die ander wang te draai nie. Nasionale sekuriteit en burgerlike beskerming is heelbo aan hulle lys. Ek hoop hul maak korte mette van die vent en sy gespuis. Arme drommel.

lh ·

Uiters lagwekkend maar tog onbeskryflik pateties. . .
absolute 30% denke!

B ·

EN net vroeër die week het mev VSA ambassadeur lofliedere op Twitter gesing oor hoe goed dit gaan in SA, en hoe voorbeeldig die stabiele demokrasie is.

Lollie ·

Soleimani was ń terroris! Hoeveel mense lewens het hy gevat? Hoeveel aanvalle was al op Amerika? Moet hulle altyd net terugstaan sodat terroriste seëvier?
Julle hou nie van Trump se inmenging nie maar wat is julle nou besig om te doen? Julle kan nie eers vrede handhaaf in ń land wat julle op ń skinkbord gekry het nie! Julle kan slagspreuke skree wat rassisties is, haatspraak is en geweld aanblaas en dit is niks maar ander moet boet vir elke klein misstap in julle oë!
Gebruik asb die peanut breintjie net eenkeer en probeer om ons land op te bou sodat ALMAL ń beter lewe kan hê! Julle floreer net op moord en doodslag

Ai tog ·

Ek vra net!!!

Jy is 100% korrek.
Hy sal nie ag slaan op die ou spul pikininis nie.
En ja hulle het hulle eie olie dus hoef hulle geen olie in te voer.
Gaan als in Iran te gronde kan ander lande by Amerika olie koop.
Hy is n super president kyk na sy land.

Humor ·

En nou sidder en beef Trump, die hele Amrika en ook die hele Westerse wereld.
Jakes jy slaan die spyker op sy kop

Pieter C ·

Julle kon nie eens vir Lesotho wen nie, wat nog gesê Trump (VSA)!!!!

Feite ·

Die kommuniste/sosialiste staan links van die draad en die weste regs van die draad. Dit maak sin dat die ideologiee mekaar sal oponeer en blameer vir aksies teen mekaar as synde dade van terreur. Die weste se dade is net nie so lafhartig soos die linkses nie, maar gee kans. Met drones in die lug gaan dit drasties verander. Hierdie optrede van die regerende party se alliansie voorspel sanksiegewys niks goeds vir SA nie, veral as Trump nie afgedank gaan word nie!

Ryan ·

Julle. Laat die amerikaners asb weet dis nie almal wat hulle wil weghê nie. Meeste van ons blanke boere hoop nog steeds vir hulp vandaar.

LaGwEkKeNd ·

eintlik kan mens maar net lag. dis regtig al waarvoor ek krag het….
ek is SEKER Mnr Trump lag ook vir julle klompie!!

Nel ·

Heheheh, hoe lekker lag ek nou vir muis se gepiep. Onthou ”a Lion does not loose sleep over the opinion of a sheep”

Se maar net ·

Ag kan julle GROOT ASSEBLIEF n enorme oogrol emoji op hierdie kommentaar aksie kry?
Ek wil my oe tot agter teen my kopbeen rol en dan wil ek my oe onwillekeurig laat in en uit my oogkaste spring vir party mense se aksies in die wereld…mense wat ook tog net n bietjie aandag soek en n eier wil le vir politieke gewin (eintlik is gewin nie die regte woord nie want hul wen niks, net nog n paar vreemde mense wat ook aandag soek) Rerig!!! Haha hulle is soooo monstert na die maal.
????????????????????????????????????????????????

Tweetie ·

Die arrogansie van die spul is verbasend. Hulle val alles aan wat bleek is. Pleks hulle hulself gaan cultivate en so bietjie meer oplees oor wat werklik aangaan. Iran se publiek staan teen hulle eie geestelike leiers op wat hulle al vir jare onderdruk. Irak en Arabie is ook keelvol van Iran se mannewales, waar kom die rooikappies vandaan om met net een oog te sien, maar ja, solank hulle kan plakate rondswaai en dreig het hulle iets om te doen. Hulle moet net onthou Amerika is n eerstewereld land en SA, wel ek is nie seker waar ons op die ranglys is nie, maar dit sal beslis ondergeskik wees op hierdie staduim. Dalk moet hulle sommer al Afrika se kinders wat so toesak op die gehate Europa en Amerika om terug te keer huistoe.

Erich ·

Net Wo aand sê die VSA Ambassadeur hoeveel miljoene Rande VSA vir RSA gee, eintlik biljoene. Dis ons derde grootste handelsvennoot en ons mense skreeu sulke goed. Dis yswekkend en lagwekkend gelyktydig.

marous ·

Onttrek ook alle hulp aan afrika . Tot die laaste disprin . As hulle weer gil waneer hulle van honger en ellende vergaan , stuur vir hulle ‘n kopie van hul dreigemente .

Werner ·

Stem saam met al die kommentare hier bo maar ons mense sal moet wakker skrik as hulle hier lostrek gaan ons hardloop driekwart het mos hul wapens ingegee

LK ·

Lollie – die peanut waarna jy vewys het die pakkie misgeval shame!
Ja Amerika se geld is goedgenoeg vir die sogenaamde Staat in SA, nou dit.
O nee dreig, dreig en geweld is hy die main peanut in die pakkie gee hom daai krediet.

Landie ·

Ai genade…..lee blikke maak die grootste geraas. Asseblief EFF, Amerika vat nie eers van julle notisie nie. Amerika sal julle bom dat julle nie eers ‘n klein pikkeltjie op die aardbol is nie. Dis lagwekkend en tog so snaaks om daaraan te dink.

Jaco ·

Moet se dit maak my bly, nou kan die wereld die regte rassiste sien vir wie hulle is.

Tash ·

Se my asseblief dat die n grap is en hulle rerig nie Amerika aanvat nie. Die is blatante doods dreigemente.

Ons weermag sal vir die Amerikaners voel soos n oefen lopie.

Ida Kriel ·

Een klap van die Amerikaners en hul vee jul binne in die see. Ek het nie FB nie, maar hoop iemand plaas hierdie op Trump se FB blad. Sal daarvan hou as hy die klomp se strotte wil toedruk. Regte terroriste wat opstaan vir hierdie lande.

James ·

Ons het nie ‘n weermag nie, en Trump sal net een klap gee en dis klaar met die lot.

C ·

Ek staan agter Trump en Isreal. Julle moet mooi dink wat julle kwyt raak, dit kan dalk net terug draai na julle toe. Trump moet net weet ons skree nie saam met die brein lose spul nie.

PJ ·

Ja seun, gaan jy en jou trawante maar aan. Die dag as oom Trump en sy impies hier instap skree julle soos maar varke van vrees.

IM ·

O genade. …hulle saal duidelik verkeerde perd op. Amerika hou nie van ydele dreigemente nie????????

toy ·

Amerika sal nou uitvind hoe leef ons mense hier. Elke dag is mens se lewe in gevaar. Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste misdaadsyfer.

Christo ·

Trump vee ons kamtige “weermag” plat tussen 1 en 2 in die middag, so hou maar liewer op dreig………..

krapkop ·

Trump kan ons gerus kom red. Hy sien al hierdie kommentare ons is nie die vyand ons is slagoffers. Die weermag sal afwesig wees afgeboek siek.

Chris ·

Jisssss..like!!!
Wie sou kon dink dit is al die 1ste April???

Willie ·

Joh hulle is uiters braaf? Wat n mentaliteit..Practice what you preach… Dis omadat hulle ook almal terries is…

humor ·

Trump sal sekerlik nie eens n vinger verroer nie. Wie steur hom tog nou aan n miggie se glips. Die grootste pluspunt hieraan verbonde is, die werklikheid in SA kry gelydelik inslag by sekere westerse lande wat tot dusver met oogklappe voort gepolitiek het.

Mary ·

Het die outjie gehoor van “missing in action” hulle sal hom in n mancave gebruik.

Guisanta ·

Ek wonder maar net….WAT SE MNR PRESIDENT hieroor. Want ek glo dat hy besef iemand maak groot brakke wakker. Sal graag wil weet wat weeg di meeste… ekonomiese hulp of sanksies????

VanAfrika ·

Oh Eh, Eh, nou krap hulle waar dit nie jeuk nie. Staan blatant en verklaar oorlog teen die sterkste land in die wêreld. Dink hulle nou omdat ander kleiner lande saam hulle stem hulle is sterk genoeg vir Trump? Hulle moet twee keer dink voor hulle uitlatings maak wat n oorlog kan onteien of n tweede Zimbabwe veroorsaak. As Trump SA inval om hierdie losmonde te kom stilmaak en sommer ook sanksies trek is dit nag vir almal van ons. Ek weet hy sal ons sommer ook beskerm want Afriforum en Steve Hofmeyr het ons lankal onder sy aandag gebing.

DEE ·

Siestog, hulle ken nie ander liedjies nie, nou sing hulle maar elke keer dieselfde ou deuntjie

Jerome De Kock ·

nou kom die islamiete ook nog saam met die kommuniste om te betoog. rerig, or wat?

Johan ·

Laat daai grootmond wat se “one bullet one American” net een Amerikaner skiet ek sal graag wil sien hoe lank jy nog bly leef. jy beter hoop iemand skiet nie n Amerikaner en hulle dink dit is asgevolg van jou dreigement nie. jy moet lekker slaap, hou maar jou oe opwaarts en kyk vir Dromes.

Wors ·

Drones, jy bedoel seker Drones…

Kyk as ‘n Amerikaner hier in SA moet sterf as gevolg van die snert is hier ook Oorlog…

Driesa ·

Kyk met die Amerikaners lol jy nie….wat hulle gedoen het..is wat nodig was…ek werk vir hulle…hulle verseker hulleself van die feite voordat hulle oorgaan tot so n stap…vir julle klomp wat so teen die Amerikaanse optrede is..julle is on ingelig….Een Drone..en julle met julle rooi hempies en gewuif…sal nooit weer die son sien opkom nie…moenie met die verkeerde gedeelte van n brullende maanhaar van n leeu speel nie…julle teken julle eie doodvonnis….julle sal vir julle kry en nog meer….stap maar aan tot die eerste pyl jou in jou spore stuit..gaan groot..want al wat julle maak is lawaai…die bloed sal loop….Groetnis..

DewaldS ·

‘n Baie wyse mens het my geleer om nooit diegene wat jou probeer ondermyn te onderbreek as hulle besig is om ‘n baie groot fout maak nie.

So – sit terug, kry sommer boksie springmielies en los idiote om aan te vang wat idiote maar aanvang…

Michael P ·

Hulle se mos lag is baie goed vir n mens.Ek dink ek het nou net my lewe met 10jaar verleng soos ek nou gelag het

Marius ·

Ek sal dadelik die ANC en die narre se geld stop wat Amerika vir hulle gee.(soos hulle se jy skop nie ‘n hond wat jou oppas)

P ·

Julle gaan sleg 2de kom. Trump sal nie sulke tjol duld nie. Skud net my kop.

Griki ·

Hulle het bietjie vergeet van die Twin Towers. As jy moeilikheid soek sal jy dit kry. Amerika sal NIKS nonsens van die Moslems, SAKP of enigiemand anders vat nie. Wonder wat sê Patrice Motsepe hiervan.

Ilze ·

Amerika, sien julle nou waarmee ons sit. LOL Ek kan nie meer nie.

Marius ·

Hulle gaan veroorsaak dat ons nie meer vir ons familie in Amerika kan kuier as hulle so aangaan.

Dirk ·

Hahahahahaha!!! Asof Amerika nou sal skrik vir ‘n paar sekelsterte in ‘n land wat nie eers genoeg petrol het vir die een ou operasionele Oryx helikopter nie! *trane loop*

waarheid ·

Moet nie eers kommentaar lewer nie – want dan daal jy af na hulle vlak toe.
Mens redeneer nie met idiote en dwase nie – so se die Bybel.

Johan ·

Hoor net wat hy se: “ons is teen aanvalle”. Het hy hom uit gespreek teen Suleimani se aanvalle teen Amerikaanse teikens ?

Stan ·

Julle speel nou met die leeu se snorbaard. Laat staan asb eerder. Asof die VSA vir julle gaan luister. Kan net my kop skut…

JohanR ·

uMkhonto we Sizwe Veterane, en die vat maar tien jaar oud is en ‘n veterane salaris kry, sal die Amerikaanse vloot, weermag en lugmag in 15 min plat vee. En daar val ek al weer van my stoel af van die lag. Wonder of van die wonderwerke wat betoog eers weet waar Iran is?

Robert ·

Sal fantasties wees as die ANC en hul militêre vleuel, die EFF, die Amerikaners kan “aanval”. Die teenreaksie sal meer skouspelagtig wees. Kan hul ook noe Israel bysleep nie, want laasgenoende het die vermoë om voorbokke en aanhitsers redelik maklik uit te vat. Dit is wat hierdié land se redding sal wees, want die plaaslike fasifiste en lamlendiges het boedel oorgegee teen terroriste en skelms.

Bril ·

Hulle het dalk ‘n punt daarso beet maar by hulle is dit die geval van die pot wat die ketel verwyt dat hy swart is. Generaal Soleimani is dalk glad nie so onskuldig nie (waar sal jy onskuldige mense in agterlike lande kry? Selfs in Suid-Afrika het onskuldige mense skaars meer ‘n kans om dot tot boontoe te maak nie) maar dieselfde ook van die VSA en Israel (hulle beheer die nuusbronne). John Perkins se Confessions of an Economic hitman (hy raak maar aan minder as 1% wat werklik agter die skerms gebeur) is al in Suid-Afrika verkoop.

Bril ·

Wikipedia oor John Perkins (dit is net die halwe storie): The first real economic hit man was back in the early 1950s, Kermit Roosevelt, Jr., the grandson of Teddy, who overthrew the government of Iran, a democratically elected government, Mossadegh’s government who was Time‘s magazine person of the year; and he was so successful at doing this without any bloodshed—well, there was a little bloodshed, but no military intervention, just spending millions of dollars and replaced Mossadegh with the Shah of Iran.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.