Een kritiek, 7 beseer toe vragmotors bots

Foto: Verskaf.

ʼn Man, vermoedelik in sy veertigs, is in ʼn kritieke toestand en sewe ander beseer toe twee vragmotors Maandag op die R558 in Lawley naby Lenasia in Gauteng gebots het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê toe paramedici omstreeks 17:30 by die toneel opdaag was die beseerdes reeds uit die vragmotors uitgehaal deur die Tecmed-reddingspan.

“Die kritiek beseerde man is deur ER24 behandel en na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling,” het Siddall gesê.

Siddall het gesê sewe mense het geringe tot matige beserings opgedoen en is deur ander nooddienste na nabygeleë hospitale vervoer vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.