Een miljoen kerse vir seuntjie met seldsame siekte

Dihan Meyburgh Foto: Facebook

Dihan Meyburgh Foto: Facebook

Die gemeenskap van Delmas in Mpumalanga het ʼn Facebook-groep gestig om Saterdag 1 miljoen kerse te laat brand vir die tweejarige Dihan Meyburgh wat in September 2013 ʼn beenmurgoorplanting ondergaan het.

Diederik en Hannetjie Meyburgh se seuntjie is met ʼn X-gekoppelde chroniese granulomateuse, ʼn seldsame en ernstige immuunsiekte gediagnoseer toe hy ses maande oud was.

Sy boetie is ses jaar gelede in die ouderdom van 10 maande vermoedelik aan dieselfde siekte dood.

Die kerse gaan landswyd op Saterdag, 15 Maart om 15:00 aangesteek word. Die gemeenskappe van Brakpan (Gauteng), Secunda (Mpumalanga), Virginia (Vrystaat), Mookgophong (Naboomspruit, Limpopo), Koornfontein by Komati-kragstasie (Mpumalanga) en Pietermaritzburg (KwaZulu-Natal) het reeds aangedui dat hulle aan dié veldtog sal deelneem.

Die gemeenskap het in 2013 oorweldigend reageer op ʼn berig dat Dihan ouers nie die beenmurgoorplanting kon bekostig nie. Danksy ruim skenkings kon hy aan die einde van September ‘n beenmurgoorplanting ondergaan.

Diederik (33) en Hannetjie (32) het ook drie ander kinders, Vanessa (15), Willem (6) en Liné (11 maande). Hulle woon op ’n plaas waar Diederik heeltyds boer.

Klik hier die Facebook-groep te besoek.

Lees ook:
Video: Beursies oop vir seuntjie met seldsame siekte
Video: Seuntjie met seldsame siekte kort dringend hulp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tanja ·

Asb Brakpan kom steek kerse op saam ons te La Petit hv Prince George en Queens Laan vanaf 3 nm ons het gereel vir eet goedtjies en daar is n kontant kroeg daar sal ook groot pryse opgeveil word !

shantelle burns ·

Ai my hart gaan so uit vir daai familie maar GOD is genadig en hy sal ons nie in die skande steek nie HOOP,LOOF en LIEFDE en GLO JESUS se genade sal hom gesond maak ek sal omgelukkig nie kan by woon nie is n bietjie te ver en het nie vervoer nie maar sal n foto op sit van n kers wat brand

mercia ·

My hart gaan uit na sy ouers hul is goeie ouers kom ons staan saam hul en brand n kersie saterdag….

Eben ·

Baie sterkte aan die gesin te Delmas. Ons harte en gebede gaan uit na julle.

Pragtig Tanja …. jammer Brakpan is sover van Komatipoort. Sterkte vir julle daar!

Tanja ·

Nog een op di map vir Dihan se 1 miljoen kerse Koornfontein, Komati kragstasie. Daar is groot oop veld regoor my huis. Kan dit opgee vir wa almal kan heengaan. Fulmar str , regoor kant die tuckshop. Kontak Petro Whatsap 0844602954 ………….Ok Pietermaritsburg op di map Dihan se 1 miljoen Kerse Saterdag 15de om 3 uur Pollyshorts pnp se parkering Kontak Melinda 29C3D282

Ansie Bredenhann ·

Here ek dra hierdie kindjie op na U toe en vra dat U Hom sal aanraak en ook met sy ouers en familie sal wees U weet waardeur hul gaan U is ons Grote Geneesheer en ek pleit U kosbare Bloed oor hierdie kindjie dat U hom sal gespaar hou vir sy ouers danki Heer ons weet U is in beheer Amen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.