Een na hospitaal geneem ná restaurant brand

Van ver af kon gesien word hoe rook by die restaurant langs die Michelangelo-hotel uitborrel. Foto: Facebook

Een mens is hospitaal toe gebring om vir rookinaseming behandel te word nadat ʼn brand in ʼn restaurant in die hart van Sandton se sakedistrik ontstaan het.

Nana Radebe, woordvoerder van Johannesburgse nooddienste, sê noodwerkers is omstreeks 11:40 Woensdag na die Bukhari-restaurant in die Michelangelo Legacy Corner ontbied.

Die brandweer was gou op die toneel en die brand is teen omstreeks 12:10 geblus sonder dat dit verder as die restaurant versprei het, sê sy.

Die Michelangelo-hotel en omringende sakeondernemings is as voorsorgmaatreël ontruim, maar benewens die pasiënt wat hospitaal toe gebring is, is niemand beseer nie.

Radebe sê gerugte dat die brand binne-in die hotel ontstaan en van daar na ander dele daarvan versprei het, is nie waar nie. Talle foto’s van die brandende gebou is op sosiale media gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.