Een mens is hospitaal toe gebring om vir rookinaseming behandel te word nadat ʼn brand in ʼn restaurant in die hart van Sandton se sakedistrik ontstaan het.
Nana Radebe, woordvoerder van Johannesburgse nooddienste, sê noodwerkers is omstreeks 11:40 Woensdag na die Bukhari-restaurant in die Michelangelo Legacy Corner ontbied.
Die brandweer was gou op die toneel en die brand is teen omstreeks 12:10 geblus sonder dat dit verder as die restaurant versprei het, sê sy.
Die Michelangelo-hotel en omringende sakeondernemings is as voorsorgmaatreël ontruim, maar benewens die pasiënt wat hospitaal toe gebring is, is niemand beseer nie.
Radebe sê gerugte dat die brand binne-in die hotel ontstaan en van daar na ander dele daarvan versprei het, is nie waar nie. Talle foto’s van die brandende gebou is op sosiale media gedeel.
Bhukara restaurant in Sandton.
Bukhara!
Bukhara.