Een oggend nie voldoende vir SAUK-kwessies, sê komitee

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het nog tyd versoek om die SAUK se raad te ondervra oor die stand van die openbare uitsaaier.

Humphrey Maxegwana, ANC-voorsitter van die komitee, het gesê ʼn vergadering, wat vir volgende Dinsdag belê is, sal nie deug nie.

“Die kwessies by die SAUK kan nie in een oggend bespreek word nie,” het hy aan die African News Agency (ANA) gesê.

Hy het verduidelik die komitee het aan die voorsitter van die huis, Cedric Frolick, gesê sy parlementêre skedule sal gewysig moet word om tyd te gun vir verdere gesprekke met die SAUK om ʼn reeks kwessies, waaronder die omstrede verbod op die uitsaai van gewelddadige betogings en die afdanking van joernaliste, te bespreek. Die joernaliste was geslaag nadat hulle hul afdankings in die hof gedaag het.

Die komitee sal Dinsdag met die raad van die SAUK en die departement van kommunikasie, in teorie ook kommunikasie-minister Faith Muthambi, en die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa), vergader. “Die uitsaaier se bestuurspan, onder andere die hoof bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, sal nie noodwendig by die vergadering ingesluit word nie,” het Maxegwana bygevoeg.

Die komitee het reeds die moontlikheid ondersoek om ʼn parlementêre ondersoek van stapel te stuur oor die krisis by die SAUK. Alhoewel die Demokratiese Alliansie aanvoer hy het reeds ondersteuning van alle lede om hiermee voort te gaan, het Maxegwana benadruk dat dit slegs ʼn opsie bly. “Ons moet nog met die SAUK vergader, so dit is voortydig om nou reeds van ʼn ondersoek te praat.”

Phumzile van Damme, woordvoerder van die DA, wat druk uitoefen dat ʼn ondersoek gedoen moet word by die SAUK kragtens artikel 227 van die Nasionale Vergadering se reëls, het gesê Frolick moet dringend sy goedkeuring gee om die “institusionele verrotting” van die uitsaaier te stuit.

Opposisiepartye het voor vandeesmaand se plaaslikeregeringsverkiesing betoog oor die sensuur van mediadekking wat die ANC ʼn voordeel sou bied by die stembusse.

Nadat die SAUK aanvanklik ʼn uitspraak deur Okosa geïgnoreer het om die verbod te laat vaar, het die openbare uitsaaier dit uiteindelik teruggetrek toe die Helen Suzman-stigting ʼn hofsaak gebring het.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lance ·

Stand van sake is so sleg dat n week nie eers genoeg sal wees nie …waar is die hoof nar nou met sy kamtige matriek ?

humor ·

Hul soek die oplossing van die probleem op die verkeerde plek. Motsuneng het slegs gehandel volgens die voorskrifte van die anc. So begin dan sommer by nr. 1 Daar kan nog interessante dinge uitlek. iMoontlik het hierdie man die hef in die hand.

Oliekrokkenosterfant ·

Eish? R500 miljoen in die rooi….maar om almal te laat dink jou “finances is awesome” deel jy gou nog R9 miljoen uit aan “plaaslike kunstenaars” sodat jy darem hulle “support” het die dag as jy ge-fire word…en jy nog nie jou “goue handdruk” gekry het nie!! Daar is nou meer “geskorsde senior bestuurders” by die huis as by die werk……….want selfs die banke wil jou nie meer finansier nie, want die “inligting” lek soos ‘n gekraakte damwal by elke opening uit….en met ‘n halwe matriek is dit moeilik om alles onder een kombers te hou!!

andrea van vuren ·

Hoekom is Rooioog deesdae so stil? Het no 1 hom verlaat???

Pik ·

Eendag is te min vir KFC en Nandos verniet, dis maklik stap in weet mos al voor die tyd wie het wat gedoen en fire hulle dis mos maklik by SAUK

Melt Olckers ·

Dit is vir my vreemd dat alles skielik stil geraak het net na die verkiesing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.