Een persoon gewond tydens Cresta-rooftog

Foto: @gussilber op Twitter.

Foto: @gussilber op Twitter.

Een persoon is Woensdag geskiet en gewond tydens ‘n rooftog by die Cresta-winkelsentrum in Randburg, noord van Johannesburg.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het aan Sapa bevestig dat daar ‘n skietery by die winkelsentrum was.

“Een persoon is in die arm geskiet. Die persoon is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.”

Vermaak sê paramedici kon geen ander beseerde persone op die toneel vind nie. Hy sê talle mense was wel erg geskok.

Die polisie is op die toneel maar kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Foto: @DangerDuv op Twitter.

Foto: @DangerDuv op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marley ·

Jammer, ek het nie behoorlik gelees nie, na aanleiding van die opvolgende berig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.