Een persoon sterf in brand by DBV

'n Boer het reeds voer by die Highveld Ridge-DBV afgelaai en die vee het sommer dadelik begin vreet (Foto: Highveld Ridge-DBV, Facebook)

‘n Boer het reeds voer by die Highveld Ridge-DBV afgelaai en die vee het sommer dadelik begin vreet (Foto: Highveld Ridge-DBV, Facebook)

Een persoon is Saterdagoggend dood toe ʼn brand omstreeks 03:00 by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Highveld Ridge in Evander, Mpumalanga, uitgebreek het.

Die DBV-tak het aan Maroela Media bevestig die brand het in die woonkwartiere uitgebreek waar twee mans geslaap het. “Een persoon is dood en een persoon het met geringe beserings ontsnap.”

Die plaaslike brandweer was op die toneel om die brand te blus. “Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.”

Volgens die DBV is stoorkamers, die woonkwartiere, persoonlike besittings van personeellede en gereedskap en masjinerie in die brand verwoes.

Die Highveld Ridge-DBV het nie aangedui of enige diere in die brand omgekom het nie, maar bevestig dat die dierehokke en kantoor nie in die brand beskadig is nie.

Die tak het ook al sy veevoer verloor en het hondekos slegs vir sewe weke. Van die voertuie is ook beskadig in die brand.

Die Highveld Ridge-DBV benodig dringend die volgende: boumateriaal, boukontrakteurs en toestelle soos ʼn skottelgoedwasser, vrieskas en mikrogolfoond.

Die ondersoekkamer en noodhulpgebied is ook verwoes, soos die DBV benodig ook ʼn ondersoektafel, lig en dierenoodhulpbenodighede.

Die tak het aangedui hulle benodig ook die volgende:

Voer vir vee
Voer vir varke
Hondekos
Hondekomberse
Kosbakkies
Mansklere grootte S/M
Komberse en lakens
Kontant vir die verlore items en herstelwerk

Stuur ʼn boodskap aan 082 855 2050 vir bankbesonderhede of ʼn adres waar items afgelaai kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.