‘Een selfmoord elke uur in SA’

Argieffoto (Foto: counselling, Pixabay)

Met ongeveer een selfmoord elke uur in Suid-Afrika, is dit moeilik om te glo dat die land nie ‘n duidelike en omvattende nasionale strategie vir die voorkoming van selfmoord in plek het nie.

Só sê dr Jason Bantjes, ʼn senior lektor in die Departement Sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch, in die lig van Wêreldselfmoordvoorkomingsdag op 10 September.

Hy voeg by selfmoord is die tweede grootste oorsaak van sterftes onder 15- tot 29-jariges.

“Selfdood is ʼn ernstige openbare gesondheidsprobleem, maar baie min lae- en middelinkomste-lande het nasionale strategieë vir die voorkoming daarvan, ten spyte daarvan dat 80% van selfdoodgevalle in hierdie lande voorkom,” het Bantjes gesê. “Suid-Afrika, soos die meeste lande in Afrika, het nie ‘n duidelike en omvattende strategie om selfdood te voorkom nie.”

Hy doen navorsing oor die voorkoms en voorkoming van selfmoordgedrag. Sy werk word deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad ondersteun.

Bantjes sê die staat het beleide soos die Nasionale Geestesgesondheidsbeleidsraamwerk en -Strategiese Plan, asook ander strategiedokumente oor die voorkoming van geweld en beserings ontwikkel, maar hulle spreek selfmoord net gedeeltelik aan.

“Hierdie raamwerke ontbreek egter aan genoeg besonderhede oor die voorkoming van selfdood om effektiewe plaasvervangers te wees vir ‘n nasionale selfdoodvoorkomingstrategie wat gefokus, omvattend en bewysgebaseerd is.”

Bantjes sê Suid-Afrika het duidelik ‘n omvattende en beslissende nasionale selfmoordvoorkomingstrategie nodig om doelwitte vir die voorkoming van selfmoord te stel en ‘n raamwerk vir belanghebbendes te bied om saam te werk. “Ons benodig leierskap om die soort integrasie en samewerking te bewerkstellig wat nodig is om selfdood in ons land te verminder.

“Só ‘n strategie is van kritieke belang veral in ag genome die Wêreldgesondheidsorganisasie se beraming dat 800 000 mense elke jaar wêreldwyd aan selfdood sterf en selfdood die tweede grootste oorsaak van sterftes onder 15- tot 29-jariges is.

“Vir elke selfdood is daar na raming minstens 20 selfdoodpogings. Elke selfdood affekteer ‘n groter groep mense. Sommige studies toon dat soveel as 35 mense ernstig geraak word deur elke selfdood.”

Bantjes sê ondanks die voorkoms van selfmoord bly dit ‘n raaisel waarom die staat traag is om hulpbronne te belê in die ontwikkeling van ‘n omvattende en geïntegreerde nasionale selfdoodvoorkomingstrategie. Hy voeg by dat die interdissiplinêre benaderings, veelvlakkige strategieë en samewerking tussen verskillende sektore wat nodig is om selfmoord te voorkom, slegs kan werk as daar ‘n duidelike en effektiewe nasionale selfmoordvoorkomingsstrategie en behoorlike leierskap deur die regering is.

Bantjes sê daar is enkele redes waarom ‘n nasionale strategie belangrik is. “Dit dui op ‘n duidelike verbintenis van die regering om selfdood te prioritiseer en aan te spreek, terwyl dit leierskap en leiding verskaf rakende bewysgebaseerde benaderings vir die voorkoming van selfdood. Dit vestig ook die aandag op die omvang van die probleem en identifiseer belangrike gapings in bestaande data, wetgewing, diensverskaffing en opleiding. Verder identifiseer dit die menslike en finansiële hulpbronne wat benodig word en stel dit ‘n robuuste monitering- en evalueringsraamwerk daar om te verseker dat vordering gemaak word om selfdoodgevalle te verminder.

“Uiters belangrik is die feit dat ʼn nasionale strategie aanspreeklikheid tot gevolg het deur diegene wat vir die voorkoming van selfdood in die land verantwoordelik is duidelik te identifiseer.”

Bantjes voeg by dat ‘n nasionale strategie ook kan help om ‘n raamwerk vir ‘n geïntegreerde en omvattende navorsingsagenda daar te stel wat kan help verseker dat navorsers die nodige bewyse versamel om selfdoodgedrag te bekamp. Hy sê daar is reeds belangrike navorsing in Suid-Afrika gedoen oor die voorkoming van selfmoord, maar op die oomblik is dit nie geïntegreer nie en word dit deur die belange en agendas van individuele navorsers gedryf.

“Omdat die voorkoming van selfdood ingewikkeld is en soveel faktore daartoe bydra, benodig ons ‘n meer gekoördineerde navorsingsnetwerk om kapasiteit te versterk en selfdood-voorkomingspraktyke in Suid-Afrika te bevorder.”

Bantjes meen hierdie is veral belangrik wanneer daar bepaal moet word hoe om bewysgebaseerde intervensies aan te pas om te verseker dat hulle kultureel aanvaarbaar en konteks sensitief is vir gebruik in Suid-Afrika. “Dit is nie altyd moontlik om eenvoudig strategieë wat in ander kontekste ontwikkel is, te gebruik sonder om eers te dink oor hul toepaslikheid en wat nodig sal wees om hulle vir ons spesifieke konteks aan te pas nie.”

Bantjes sê almal wat deur selfmoord geraak word, moet die staat versoek om leierskap in hierdie belangrike area van openbare gesondheid te verskaf. “Ons moet geleenthede soos Wêreldselfdoodvoorkomingsdag (10 September) gebruik om ‘n nasionale strategie en hulpbronne vir die voorkoming van selfdood te bepleit. Om aksie te neem ten einde die lewens van alle Suid-Afrikaners te beskerm, is ‘n integrale deel van nasiebou en kernbelangrik vir die bevordering van demokrasie in ons land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Neutraal ·

Dis die atmosveer wat die regering in die land skep wat grootliks aanleiding gee tot selfmoord.

IK ·

Ek is ‘n leek betreffende hierdie uiters skokkende hartseer wat werklik nie die uitweg is. Ons moet aandag gee aan ‘n persoon se probleem al is dit vir onsself maar net ‘n ou kleinigheidjie. Vir daardie persoon is dit onoorbrugbaar en selfmoord skyn die enigste uitweg te wees. Ek dink dat die puberteitstadium ook ‘n rol speel en die ‘wie is ek’? en ‘waarheen is ek op pad’? in ‘n (vir myself) deurmekaar wêreld. Daar moet onthou word dat ek uniek is in dié opsig dat daar niemand voor my en na my geskape is of sal wees soos ek. Hierdie kommentaar wil ek afsluit met wat ‘n vriend 55 jaar gelede vir my gesê het en my deurgaans bybly: Op my vraag dat ons seker almal blootgestel kan wees aan selfmoord was sy antwoord doodeenvoudig: ‘Ek sal dit nooit doen nie’! En die rede?: ‘Dalk wag daar iets lekker vir my môre en dan mis ek dit’! Doodeenvoudig en ernstig het hy dit gesê en daardie woorde maak ‘n groter indruk op my as die geleerde woorde van sommige sielkundiges. Indien daar iemand is wat hier lees met ‘n wanhoop, asseblief ASSEBLIEF MOENIE MOENIE gebruik die rede wat my maat 55 jaar gelede gesê het!!!!!!!

Jj ·

Selfmoord is nie n siekte nie maar n simtoom van depresie in Meester gevalle. Depresie kan veroorsaak word deur n Wan Alan’s van chemiese oordrag stowe in die brein senapses. Daar is hulp vir leiers maar die stigma wat saam met dit Kom is aaklig. Ek weet, baklei die stryd self elke dag. IK ek wil net vir jou se dankie dat jy probeer verstaan. Wens daar was meer soos jy.

Anoniem ·

Kom ons BID dat die Kultuur in Suid-Afrika verander, wat dié gedrag tot gevolg het en so terloops Jy of Sy wat so ‘n persoon wou kritiseer wat selfdood toepas of beplan BLY stil want Jy of Sy het nie ‘n benul van die donkerte van depressie wat ‘n mens soos ‘n dief in die nag OORVAL en wil vernietig nie BID ASB VIR DIE SLAGOFFERS ???????

P ·

Is self deur mislukte selfmoord, maar dank ons almagtige Vader dat dit my eintlik ‘n sterker mens gemaak het en my oë oopgemaak het. Di lewe druk maar vertrou op di Here. Jy sal en kan Lorain. Dankie Abba Vader

Frank ·

Kyk bietjie ‘The Appeal of suicide’ op YouTube. Verniet fliek. Ongelooflike insigte vir waardeur die mense met selfmoord neigings en diepe depressie gaan. Regtig die moeite werd om te sien. Verál diegene wat self daarmee sukkel óf naasbestaandes het wat daardeur geraak word…

Jax ·

Ek dink ons moet weer leer om aandagtig te luister wanneer iemand met ons praat. Maak tyd om weer lekker rustig te kan gesels oor die dag/week wat verby is. Ons moet ons kinders leer om te weet dat hulle met ons kan gesels sonder onderbrekings. Luister sonder verwyte, raas en skel. Ons kinders moet weet dat hulle ons as ouers kan nader met enige onderwerp sonder dat ons hulle “koppe gaan afbyt”
Deesdae moet beide ouers werk om die pot aan die kook te hou. Dit raak al hoe moeiliker om te kommunikeer agv almal se druk programme. n Mens is moeg na n harde dag by die werk en skool – maak tyd om rustig by die kinders te sit en te luister as hul praat. TV, selfoon, rekenaar en tablette af!! Elkeen kry vir hom/haarself iets om te drink en gaan sit erens gemaklik – elkeen kry n spreekbeurt. Laat die kinders help kos voorberei en maak dit prettig – dis wonderlik om te hoor hoe lekker vrolik n kombuis kan raak as almal saam help met die ete.
Maak geleentheid om te luister na die lyne tussen die lyne van die kinders se gebabbel. Wedersydse respek! Ouers moet ook asseblief en dankie aan hul kinders sê ;-)
Maak jou kinders groot; hulle kan dit nie self doen nie. As dit nodig is, roep betyds om hulp en werk saam daardeur!
Bid vir jou kinders en vra God vir krag en wysheid

anoniem ·

More almal. Ek wil net noem dat ek met die mense kan saampraat. Depressie is n gat wat elke dag moet probeer uitkom. Elke dag sit jy n fals glimlag op en gaan werk toe. Min mense weet hoe jy voel. Jy steek dit weg so goed jy kan. Die groot probleem kom as jy nie meer jou medikasie kan bekostig nie. My medikasie wat ek moet neem kos so by die R2000 n maand,het ongelukkig nie mediese fonds nie en hul wil ook nie chroniese medikasie dek nie. Daar is werklik geen hulp van die staat se kant af nie met betrekking tot hulp met medikasie.Ek veg die depressie monster al vir 15 jaar en ek is werklik moeg. Kan maar net vir my vrou dankie se vir haar ondersteuning.

Diep hartseer ·

Ek het self 3 weke terug my broer verloor deur sefdood. Eers na sy dood moes ons uitvind dat hy homself die vorige weke 2 keer probeer vergas het, en was daar elke keer iemand wat die pyp uitgetrek het. Die oggend van sy dood, het hy vir sy huismense gesê, toe hulle oppad is om winkel toe te gaan, wanneer hulle terugkom, moet hulle hom kom afsny, hy gaan homself hang. Hulle wàs bewus van sy selfdood neigings, maar hom geignoreer.

Nooit is daar hulp vir hom gekry nie, die broers en susters is nòòit ingelig oor sy situasie nie.

Ons sit met die hoekoms??? en waaroms???, die seer en die pyn!!!

Erick ·

‘n Oom van my het vroeg dié jaar ook sy eie lewe geneem met ‘n geweer. Dit is baie pynlik vir die hele familie. Sterkte vir jou en vir julle ?

Nico ·

In hierdie land is dit net die rykes wat rede het om te leef. Maatskappye, regerings en werkgewers roof net die man op voetsool vlak. As ek nog my vuurwapen gehad het was ek ook al verlos van hierdie korrupte aarde.

Eish ·

Nico,
Die eerste deel van jou kommentaar slaan die spyker op die kop. Die groot probleem is ons armes het nie n plek waar ons met waardigheid arm kan wees nie. Die lewe is die grootste geskenk van Bo, desnieteenstaande die stroomop stryd. Fokus op ons Redder, nie die storm nie. Ek deel jou sentiment oor die wat het, heelhartig.

Helizna ·

Met sielkundiges wat omtrent R1000 per uur vra, kan die meeste mense nie bekostig om berading te kry nie. Depressie pille kos maklik R500 tot R700 elke maand per pil. Dit kan ‘n mens finansiëel uitroei en dan is daar nog meer rede vir selfmoord…

Anna ·

Weet hoe jy voel slegs dir duurste mediese fonds planne dek medikasie en dan is dit met n baklei ook

Veronica ·

Dit is net my geloof en vashou aan die Here wat my daarvan weerhou!! Die toestand waarin ons eens pragtige,ordelike, skoon land is, die korrupsie en misdaad maak my heeltemal depressief. Dan is daar nog my seun wat nie werk kry nie en ek self wat moet lewe op n halfdag salaris omdat my werkgewers weier om my voldag pos te herstel, dit terwyl hulle in gemak lewe. Maar…..ek weet Jesus het n plan met my lewe! Ek sal vasbyt! Sterkte vit my mede reisigers! Hou net Sy hand vas of as jy al lê, hou vas aan Sy kleed en roep Hom aan vir krag!

Nonnie ·

Die tyd het aangebreek dat dr’s meer verantwoordelik moet neem vir die medikasie wat hul sommer so goedsmoeds voorskryf. Baie van d antidepressante help selfmoordneigings aan. Baie skryf ook ‘n sekere pil of d generiese weergawes voor vir fibromyalgie omdat d pil help vir neoralgiese pyne,,, met dodelike gevolge. My skoonseun het as gevolg daarvan selfmoord gepleeg en ek het byna d selfde pad geloop. Dit word net voorgeskryf sonder om pasiente in te lig oor die newe of langtermyn effekte. Dr’s moet strenger beheer word en verantwoordelik gehou word vir hul aandeel is soveel onnodige sterftes.

Adam ·

Nonnie, jy is in die kol met jou argument. Farmakologiese maatskappye is die groot sondaars en die feit dat dokters soms medisyne voorskryf wat die beste bemark word deur die maatskappye se verteenwoordigers dra grootliks by tot die probleem. Ek is bevoorreg gewees om met ‘n wetenskaplike vriende te wees wie sy hele lewe farmakologiese navorsing gedoen het en was verstom oor wat hy te vertelle gehad het. Die mediese beroep behoort beter gereguleer te word, veral gesien teen die agtergrond van dalende standaarde oor die laaste paar dekades.

Cornelia ·

Veronica, elkeen wat wroeg met ‘n stryd om hoopvol te bly. Ek dink die meeste van ons het al daar by put sonder water ‘n draai gemaak. Dit is ‘n binne stryd teen ‘n buite aanslag wat diep slaan. Maar vir elkeen van ons is daar ‘n Put van Lewende Water. En Hy het betyds gekom, vir u en my. “KOM na Mý toe, álmal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” (Matt 11: 28) ‘n Belofte van seën. Hou vas. Glo. Ontvang.

Cherokee ·

Op die regte plek Cornelia, het jy die regte woorde gesê. Pragtige bydrae vol van gewaarborgde beloftes. Miskien is dit weens motivering van BO wat jou dit laat skryf het. Ek lees wat mense skryf omdat hulle belas is. Omdat hulle ‘n juk dra. En dan vertel jy vir hulle om vas te hou – die Stad van Goud is voor ons. Dit wat jy hier sê sal vir menige laat vasbyt.

Sonja ·

Almal beland in n put van tyd tot tyd, maar ja, sommige sukkel daagliks daarmee. Ek stem saam met IK se vriend, miskien wag daar môre iets beters. Volgende week sit ek weer en lag oor iets, al lyk dit vandag donker. Dan glo ek ook in God en hou ek aan Hom van. Die Woord sê (1 Kor 15:26) die laaste VYAND wat Hy vernietig is die dood…so die dood is nie ons vriend. Van n vyand moet ons dus wegbly. Dan dink ek ook altyd as die dood my vyand is, moet selfmoord dan mos van satan kom en as ek deurgaan en so iets doen… , waar gaan ek dan my oë oopmaak. Ek weet nie… die hel, kans daarvoor is groot as die vyand my dit laat doen, hoekom sal die dood van hom kom en hy my dit wil laat doen as hy nie gaan voordeel trek nie. Nee wat, laat ek dan maar eerder weer vasbyt en bly lewe, miskien is dit wat my nou platdruk nie so sleg soos wat ek ander kant die dood gaan kry nie. Fokus net, hou vas aan die Here en Hy SAL my dra. Hy laat alles ten goede uitwerk vir die wat Hom liefhê (Rom 8:28), Ek hou vas Here, ek hou vas, ek wag vir uitkom, U weet waardeur ek gaan. Vyand jy sal nie oorwin, in Jesus se Naam!! My God is in beheer van my omstandighede!!! Amen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.