Een sterf, 10 beseer in kettingbotsing

Argieffoto

Argieffoto

Een persoon is dood en 10 is beseer nadat verskeie voertuie Saterdagaand in Durban in ʼn kettingbotsing betrokke was.

Robert McKenzie, ʼn woordvoerder van KwaZulu-Natal se nooddienste, het Sondag gesê die ongeluk het op die M19-snelweg naby die Blair Athol-afrit plaasgevind.

“Verskeie voertuie en ʼn vragmotor was in die botsing betrokke. Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie,” het McKenzie gesê.

Dit is in dié stadium nie bekend of die oorledene ʼn man of ʼn vrou is nie. Een persoon is kritiek beseer en die brandweer moes die persoon uit die voertuig se wrak sny.  Nege mense is met ernstige beserings na nabygeleë hospitale geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.