ʼn Vrou is dood en ongeveer 20 ander mense beseer toe ʼn minibus-taxi Maandagmiddag op die N1 by die Buccleuch-wisselaar in Johannesburg gerol het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was op pad na ʼn ander noodgeval toe hulle omstreeks 14:25 op die ongelukstoneel afgekom het. “Paramedici het die taxi gevind waar dit in die middel van die snelweg gelê het. Die insittendes was reeds buite die voertuig en het op die toneel gesit en gelê,” het Meiring gesê.
Hy het gesê ʼn vrou, vermoedelik in haar 30’s, het aan die teenoorgestelde kant van die snelweg gelê. Sy het reeds aan haar veelvuldige beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.
“Paramedici het die ander insittendes van die taxi ondersoek en gevind dat ongeveer 20 mense geringe tot ernstige beserings opgedoen het. Twee van die pasiënte was glo vroeër onder die voertuig vasgekeer en moes deur lede van die publiek bevry word,” het Meiring gesê.
Die beseerdes is na verskillende hospitale geneem vir behandeling.
Die polisie ondersoek die voorval.
Gelukkig was dit nie gedurende spitstyd gewees nie anders was daar 34 mense beseer.
Wat is die totale TOELAATBARE passasiersgetal in so taxi? 21 Klink bietjie baie!
Doodskiste op wiele. Dis wat hulle is. Ek betwyfel of daardie taxi meer as 12 mense mag vervoer…
Volgens die internet is dit 14 saam met bestuurder vir die Toyota Quantum.
http://searchsa.co.za/useful-info/how-many-passengers-fit-into-taxi.html
Dit was spitstyd, glo vir my.
Wow!! Putco Maxi- Taxi.
ja oor laai en nou gaan daar weer geeis word van die derde party daar om is dit uit gepit die regering moet maar net weer trug sit dat elke voertuig derde paty betaal vir die hoeveel mense hy mag vervoer