Een sterf, 3 beseer toe motor rol

Foto: ER24

ʼn Vrou is dood en nog drie mense beseer toe ʼn motor op die N8 naby Ladybrand in die Vrystaat Sondag in die vroeë oggendure gerol het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 00:40 by die toneel opgedaag. Hulle het ʼn vrou aangetref wat in die middel van die snelweg gelê het met nog mense wat langs die pad gesit het.

“By nadere ondersoek is daar gevind dat die vrou noodlottige beserings opgedoen het. Sy is deur paramedici van ʼn ander ambulansdiens dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê. Drie ander mense het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na ʼn hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DS ·

Leeutjie jou tyd is jou tyd. As die persoon sitplekgordel gedra het dan het die persoon aan ander beserings gesterf. Dit gese is ‘n gordel baie belangrik dit voorkom – as dit nie jou tyd is nie – ernstige beserings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.