Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 00:40 by die toneel opgedaag. Hulle het ʼn vrou aangetref wat in die middel van die snelweg gelê het met nog mense wat langs die pad gesit het.
“By nadere ondersoek is daar gevind dat die vrou noodlottige beserings opgedoen het. Sy is deur paramedici van ʼn ander ambulansdiens dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê. Drie ander mense het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na ʼn hospitaal geneem is.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
Reddingsgordels sal verhoed dat mense uitval en sterf.
Leeutjie jou tyd is jou tyd. As die persoon sitplekgordel gedra het dan het die persoon aan ander beserings gesterf. Dit gese is ‘n gordel baie belangrik dit voorkom – as dit nie jou tyd is nie – ernstige beserings.