Een sterf, drie beseer toe voertuig rol

Foto: ER24

Een persoon is dood en drie ander het ernstige beserings opgedoen toe ʼn voertuig laat Maandagmiddag buite Carletonville in Gauteng gerol het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het om 17:40 op die R501 gebeur. ER24 paramedici en twee ander ambulansdienste is na die toneel ontbied.

“By paramedici se aankoms op die toneel het vier mense buite die voertuig gelê nadat hulle vermoedelik uit die voertuig geslinger is toe dit gerol het. Twee van die beseerdes was jong kinders,” het Van Huyssteen gesê.

Sy het gesê drie beseerdes moes met ʼn mediese helikopter van die toneel na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word. Een van die beseerdes is egter kort na die aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die vierde persoon is per ambulans na ʼn hospitaal gehaas.

“Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie,” het Van Huyssteen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.