Een sterf in Jeppestown-brand

Argieffoto (Foto: SABC)

Argieffoto (Foto: SABC)

Een persoon is Sondag dood toe 40 plakkershutte in Jeppestown, Johannesburg aan die brand geraak het.

“Een persoon het onherkenbaar verkool en 40 plakkershutte het afgebrand,” het Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê.

Radebe sê die brand is geblus en dat daar bystand verskaf word aan diegene wat deur die brand geraak is. Dit is egter nog nie duidelik hoeveel mense deur die brand ontwrig is nie.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.