Een sterf in KZN-vliegongeluk

Skermgreep uit ‘n video wat van die voorval gedeel is

Die Burgerlike Lugvaartowerheid se ongeluk-en-insidentondersoekafdeling (AIID) stel ondersoek in na ʼn vliegtuigongeluk Sondagoggend in Umkomaas, KwaZulu-Natal.

Pappie Maja, woordvoerder van die BLO, het gesê die vliegtuig, ʼn Silver Sling 4, het by Groutville-vliegveld opgestyg. “Ondersoekbeamptes is na die toneel ontbied en het reeds met die proses begin om bewysstukke in te samel.”

Maja het gesê ná die bewysstukke ingesamel is, sal die omvang en grootte van die ondersoek bepaal kan word. “Een persoon was aan boord en het noodlottige beserings opgedoen.”

Volgens ʼn video wat op sosiale media gedeel is, het die vliegtuig in ʼn berghang vasgevlieg. Die identiteit van die slagoffer is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.