Een sterf in N4-kettingbotsing

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Man is Dinsdag dood en 14 ander mense beseer tydens ʼn kettingbotsing op die N4-snelweg naby Middelburg in Mpumalanga.

ʼn Vragmotor en drie voertuie was in die ongeluk betrokke. Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die voertuie se wrakke het die snelweg versper, en die beseerdes is dwarsoor die toneel aangetref.

“ʼn Man, in sy 20’s, was in die wrak van sy voertuig vasgekeer en in ʼn kritieke toestand,” het Meiring gesê. “Hy moes uit die wrak gesny word, terwyl paramedici tevergeefs probeer het om sy lewe te red. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Meiring het gesê die 14 ander mense het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.