Een sterf in ontploffing in tenkwa

Die nooddienste vanoggend op die toneel. (Foto: ER24)

Een persoon is dood en nog een beseer in ’n ontploffing by ’n skoonmaakdiens in KwaZulu-Natal.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici is Saterdagoggend saam met die plaaslike brandweerdiens na die skoonmaakdiens in Cliffdale ontbied.

’n Man was vermoedelik in ʼn tenkwa besig toe ’n klein ontploffing in die tenker voorgekom het. ’n 40-jarige man het die man in die tenkwa probeer red, maar is toe deur koolstofmonoksied oorval.

Die man wat besig was in die tenkwa is in die voorval dood. Die brandweerdiens was vanoggend nog besig om sy liggaam uit die tenkwa te kry.

Dié 40-jarige man het matige tot ernstige beserings in die voorval opgedoen en is na ’n private hospitaal in Hillcrest vervoer vir mediese behandeling.

Die polisie was ook op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.