Een sterf in trokbotsing

Nooddienste op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Volwasse man is Dinsdagmiddag in ʼn ernstige botsing op die N2-suid in KwaZulu-Natal dood.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 14:20 in die Umgababa-omgewing plaasgevind.

“Volgens inligting vanaf die toneel het ʼn swaarvoertuig en ʼn kleiner afleweringsvoertuig gebots. Die man wat in die klein vragmotor gery het, het kritieke beserings opdoen. Hy was in die voertuig se wrak vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word,” het Herbst gesê.

Herbst gesê die man se toestand het vinnig versleg en ten spyte van volgehoue pogings om sy lewe te red, het hy op die toneel aan sy beserings beswyk.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend. Owerhede was op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.