Een sterf in vliegongeluk naby N14

(Emer-G-Med)

Een mens is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Woensdagoggend in ʼn rivier in die Knoppieslaagte-omgewing langs die N14 in Centurion neergestort het.

Nooddienste is kort ná 08:00 na die toneel ontbied.

“Met aankoms op die toneel het ons gesien dat ʼn ligte vastevlerkvliegtuig in ʼn rivier neergestort het,” het Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, gesê.

“Die vlieënier was die enigste insittende en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.”

Die oorledene se naam en die oorsaak van die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie.

“Die toneel is afgesper en aan die polisie en burgerlike lugvaartbeamptes oorhandig vir verdere ondersoek en verwerking.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie en Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) gestuur. Hul terugvoer sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elmarie ·

En die eerste berig oor hierdie ongeluk op radio was dat mense op die N14 gestop het om fotos en videos te neem. Mense is snaakse kreature

Hennie Biebouw ·

Vliegtuig betrokke was ‘n Skyleader 600 met registrasie ZU-TAM.
Op die stadium dui alles daarop dat die engine ingegee het met die opstyg.
The “impossible turn” claims another.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.