Een sterf ná motoris vir polisie wegjaag

(Foto’s: SA Polisie)

Die polisie in Polokwane is op soek na ʼn onbekende motoris in ʼn rooi Renault-sedan wat glo ʼn ongeluk tussen drie voertuie veroorsaak het nadat die bestuurder van die Renault Saterdagaand vir lede van die polisie se hoofwegpatrollie probeer weggejaag het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê ʼn motoris is dood toe hy in ʼn polisievoertuig vasgery het, vermoedelik in ʼn poging om ʼn botsing met die voortvlugtende motoris te vermy. Die polisievoertuig het op sy beurt teen ʼn stilstaande voertuig vasgejaag.

“Drie polisielede is met ernstige beserings na ʼn hospitaal geneem,” het Mojapelo gesê.

Die motoris wat aanvanklik vir die polisie weggejaag het, het intussen spoorloos verdwyn.

Die ongeluk het Saterdag omstreeks 20:30 plaasgevind. Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om die ondersoekbeampte, ao. Philipus Wolhuter, by 082 775 4012 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

‘Probeer wegjaag het’? Probeer? Hy is dan steeds weg. En die ongeluk is net miskien veroorsaak deur ‘n polisie kar wat voor ‘n onskuldige motoris ingejaag het. Net miskien.

Stofdonkie ·

Jy is reg. Hy het duidelik nie net probeer nie, hy het dit reggekry ook.

Niklaas ·

Deesdae sien ons vele van hierdie tipe tonele in films. Rowers is suksesvol in weg jaag vir polisie, want polisie bots met ander motors. Hoop die voortvlugtende word aangekeer.

Tommie ·

Polokwane se polisie voertuig bestuurders is erger as die skelms , hulle ry ook deesae resies met die Gtis in die strate.

Tommie ·

Op facebook staan die polisie voertuig in n motor handelaar se perseel waar voertuie beskadig is. Dalk moet ons vd polisie uber reel?

Tienie ·

Eerste paragraaf…..

Probeer weggejaag het…..

Hulle het weggejaag EN weggekom….

Cherokee ·

Jy was nie net veronderstel om die eerste paragraaf te lees, maar die eerste kommentaar ook.

Elsie ·

Cherokee ek het baie om te se maar weerhou my daarvan want hulle maak deesdae net soos hulle wil en ongelukkig is ek die verkeerde velkeur. Maar aangesien jy wil he ek moet iets se dan sal ek. Hulle het nie geld om hulle eie voertuie te kan koop nie en ry met staatsvoertuie of sal ek se jaag met dit want ons dra mos n uniform en mag maak soos ons wil. Ek het geen respek of tyd vir enige ding wat n uniform dra nie want hulle is groter skelms as die wat hul probeer vang. Tevrede?

Stofdonkie ·

Lees jy die nuus? Is jy bewus wat aangaan in die land? Elmarie, die jong onderwyseres in Pretoria wat aangerand is deur die polisie, was dit omdat sy braaf was?

Pieter ·

Ek is ‘n inwoner in Suidstraat Polokwane. Suidstraat is ‘n driebaan enkelweg (one way) van oos na wes. Daar is twee verkeersligte en een stopstraat. Dit is ongelooflik die snelhede wat in die gedeelte van Suidstraat gery word, en daar is GEEN wetstoepassing nie.

Stofdonkie ·

Sal interresant wees om te kon weet hoekom die polisie die voertuig gejaag het. Mens wonder net in vandag se dae, is dit ‘n huisrower of het die bestuurder dalk gerook terwyl hy bestuur. Ek dink die polisie beamptes moet dalk ondersoek word, en dalk bietjie geleer word om te bestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.