Een sterf ná voertuig in giftige water beland

Die motor wat in die kanaal beland het. Foto: ER24

Die motor wat in die kanaal beland het. Foto: ER24

ʼn Persoon is Maandag dood nadat ʼn motor in ʼn kanaal met giftige water in Kaapstad beland het.

Pieter Rossouw, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by die N2 naby Bhunga-rylaan in Kewtown plaasgevind.

“Die bestuurder het beheer oor die motor verloor, en in die kanaal vol baie giftige water beland,” het Rossouw gesê.

“Die bestuurder was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die bestuurder het noodlottige kop- en buikbeserings opgedoen.”

Spesiale reddingspanne is ontbied om die bestuurder se liggaam uit die motor te verwyder.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

zahn ·

Jip. Jy versstaan reg. Stroom af van die nedersetting. Squatta camp.

Gideon ·

Die indruk word geskep dat dit die water is wat vir die dood verantwoordelik was!!!
Wie het in elk geval die water getoets om te sê dit is giftig? Is dit nie maar net bietjie sensasie soek nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.