Een sterf, nog 1 beseer toe motor rol

Foto: Netcare 911

Een mens is dood en ʼn tweede persoon beseer nadat ʼn motor Sondag op die R37 naby Lydenburg in Mpumalanga omgeslaan het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die omstandighede rakende die ongeluk is nog nie bekend nie, maar dit blyk dat die bestuurder beheer van die motor verloor en die voertuig gerol het.

Paramedici is omstreeks 15:45 na die toneel ontbied. “Een van die insittendes het veelvuldige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die ander insittende het slegs geringe beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere ondersoek,” het Herbst gesê.

Polisiebeamptes was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

saarkie verkoue ·

dis al daardie slaggate. wil mos lyk of thaba chweu baie trots is op die verval wat hulle in hulle munisipaliteit meebring. maar die burgermeester en gesin spog met eie persoonlike lyfwagte.

Mag ·

Ek stem saam het Vrydag vandaar terug gery en die paaie vanaf Dullstroom tot Hazyview is absoluut skokkend, hul kan maar net sowel die bietjie teer wat oor is op daai paaie ook verwyder want ek dink ‘n grondpad kan daar amper veiliger wees. Die verval in daai pragtige dorpies nl. Graskop, Sabie en Hazyview was vir my amper ‘n nog groter skok, hul sal in rekordtyd dieselfde pad as Pelgrimsrust loop, SPOOK DORPIES wat niemand meer sal besoek nie. Die SOUS TREIN loop lekker in daai omgewing en dit is ‘n feit en duidelik vir almal om te sien, wonder net hoe lank dit gaan vat voor die vergryppers uit die kussings gelig sal word, want daai areas was die geld masjien wat buitelandse geld laat inrol het maar teen die huidige tempo gaan dit nie meer vir lank so wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.