Een sterf, talle beseer in Pretoriase treinongeluk  

Die dodetal in die ongeluk is nog nie bekend nie. Foto: Tshwane-nooddienste

Tientalle pendelaars is beseer en minstens een is dood toe twee passasierstreine Dinsdagoggend in die weste van Pretoria gebots het.

Xander Loubser van Best Care-ambulansdiens sê dis nog nie moontlik om te sê hoeveel mense beseer is nie aangesien nooddienste steeds op die toneel besig is, maar dit lyk in dié vroeë stadium na ʼn groot aantal.

Die ongeluk het by die Mountain View-stasie gebeur, maar die oorsaak is nog onbekend. Talle nooddienste is op die toneel om bystand te verleen en beseerdes na omliggende hospitale te vervoer.

Lillian Mofokeng, Gautengse Metrorail-woordvoerder, sê die ongeluk het omstreeks 09:15 plaasgevind toe een trein op die stasie van agter in ʼn ander vasgery het.

“ʼn Groot aantal pendelaars is beseer en minstens een het gesterf,” sê sy. “Beamptes van talle nooddienste is op die toneel om die beseerdes te behandel.”

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, kon nie onmiddellik meer inligting verskaf nie.

Hou Maroela Media dop vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Koos de Meyer. ·

On bevoegte mense, in die ou bedeling het soiets nóóit gebeur nie. Maar dit is mos ons nuwe Suid-Afrika. Aan die orde van die dag onbevoegdheid.

DS ·

Absoluut agv ‘n menslike fout. Wonder of die persoon miskien net gou sy/haar oggend koffietjie gaan maak het toe die twee simpel treine in mekaar vasgery het :)

Sê-Ook-Maar-Net ·

Sulke goed het in die ou bedeling ook gebeur, maar was net goed weg gesteek. En infrastruktuur van ou bedeling wat nie behoorlik onderhou is nie, is ook te blameer.

kolla ·

Nog nooit, alles was perfek onder die ou bedeling. Daar was nooit enige ongelukke nie. LOL

wet ·

Dit is nou maar hoe dit is en help nie om polities korrek te wil wees nie. Net soos met die taxi ongelukke lees mens al hoe meer van trein ongelukke.

Andre ·

Alles het agteruit gegaan. Daar was nie naastenby soveel ongelukke in die ou tyd nie.

Essie ·

Hoe op dees aarde ry jy in n stilstasnde trein reg voor jou vas kan die drywer van die aankomende trein nie voor hom gesien het nie of was sybril vol wasem van die koffiestoom

Bessie ·

Hoe ry mense met hul karre teenmekaar vas? Ek was al in 3 ongelukke, almal teen blankes wat op hul fone was, en wat gebeur, oormore ry hul net alweer.

Nadia ·

Om te dink hoeveel kinders op daai trein kon wees… hulle kom dalk terug van hulle huise af om reg te maak vor skool more en dan gebeur so iets. Sterkte aan almal,

JanB ·

Essie, ‘n trein stop nie soos ‘n krywa of motor as jy rem aanslaan nie. Dit benodig ‘n entjie om te stop. As jy na die een foto kyk sien jy hy staan om die draai dit beteken dat jy eers sal sien dat die ander trein daar staan nadat jy om die draai gaan dan is dit te laat.

Lizelle ·

Ek weet nie so baie van die trein bestuur af nie maar sekerlik moes daar aan die trein beheerder gekominkeer geword het om te se daar is n ander trein. Werk dit nie so dat hul met radios en beheer kamer werk. Help maar as ek verkeerd is. Maar hierdie klink vir my na so onnodige ongelukke. En definitief. nie behoorlike opleiding of swak kommunikasie.

Skokkend voorwaar en jammer ek stem saam met nuwe bedeling is beslis nie van die beste nie daarom dat ons sit waar ons sit

JanB ·

Lizelle, verskeie faktore kan die ongeluk veroorsaak het. Daar is sinjale langs die spore wat werk soos robots. Waneer jy ‘n sinjaal nader en hy is groe kan jy ry, sodra die eerste eenheid verby die sinjaal is slaan hy rooi. So sal die vorige 4 sinjale nog steeds rooi wees. Dan is daar ‘n geel wat beteken jy kan die trajek betree maar teen ‘n slake spoed. Die ander redes kan wees die Drywer het aan die slaap geraak. Die Stasiemeester het ‘n elektroniese bord wat hom wys waar watter trein is op die trajek. Hy kon ook ‘n fout maak deur altwee die trein na die selfde platform regeleer, instede van elk na sy eie. ‘n Sinjaal kon vashaak en het nie na rooi gegaan nie!!. Dan kon die elektroniese wissel ook vashaak en het nie gewissel soos hulle moet nie. Ek hoop dit kleur die prentjie bietjie in. Daar was nog nooit kommunikasie tussen treine en stasies nie. (radios)

Riaan ·

as ek so die kommentaar lees kom ek agter nie een van julle is of was treindrywers nie, menslike fout punt.

Callie ·

Stem Riaan. Was hulle drywers in ou bedeling was daai rekord dalk net soos nou sin

Stoom Trein ·

Ignoreer die sinjale of die Sinjale Operateur het nie sy job gedoen nie!

Gaitsigubib ·

Die drywer moes net uitswaai om ‘n botsing te vermy. Dit was altyd deel van training in die ou bedeling.

Johan ·

Tragies. Ek wonder hoeveel mense het al gesterf weens regstellende aksie wetgewing.

Heksie ·

Wonder hoe gaan Metrorail weer hierdie “human error” verdoesel ….

D B ·

Verneem 4 is al oorlede. TRAGIES!!!!!!!! Maak my naar!

Wat my amper nog naarder maak is die doesyne “eise” wat nou weer ingesit gaan word. In hierdie land verryk ons onsself mos ten koste van ander.

JA ·

Haha, lekker lag ek nou. Hul kan maar net nie Eerste Wêreldse beskawing infrastuktuur bestuur en veilig hou nie.

Avra ·

Wonder hoe lank sal die rye wees, Billy.
Was die dryers dalk vroeër taxi bestuurder?

Gert ·

Weens regstellende aksie en BEE is alle bevoegde tegniese personeel nou weggejaag. As gevolg daarvan stort die sinjalering ineen. Met die sinjalering wat gewerk het in die ou dae kon hierdie nooit gebeur het nie. Jy kan nie van die treindrywer verwag om te rem as hy ‘n ander trein sien nie, treine vat meer as ‘n kilometer om te stop. Die sinjalering moet dit onmoontlik maak vir twee treine om gelyktydig in een trajek te wees.
Verwag baie meer treinongelukke.

Martin ·

Die rangeerder wie se plig dit was om seker te maak die trein beweeg op die regte spoor is te blameer (sy kop moet rol) en die drywer van die trein moes lankal besef dat hy op die verkeerde spoor (kant van die 2spoorlyne) beweeg, en nood prosedures in werking gestel het. Sy kop moet ook rol. Of en alby onbevoeg asook wie hulle opgelei het en die nodige kwalifikasies toegeken het.

Koos de Meyer. ·

JAN B ek stem saam met jou. Volgens die fotos is daar net die en platform. As sinjale veragsaam word gebeur sulke dinge. Ons wat op treine gewerk het weet hoe dit werk. Menslike foute meeste van die tyd.

Riaan ·

100% Callie, dit is hoekom ek as treindrywer bedank het na 21 jaar, volgende is ons geliefde SAA se vliegtuie, om n trein te leer ry is die maklike deel van jou opleiding maar as jy nie jou reels en regulasies ken en toepas volgens die boek nie is jy n tydbom, hoe op aarde kan n treindrywer kruisie stelsel eksamen skryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.