Een sterf, talle beseer toe taxi omslaan

Die ongeluk het in die omgewing van Nasrec gebeur. (Foto: ER24)

Een persoon is dood en tien ander beseer toe ʼn taxi Dinsdag vroegoggend op die N17 naby Nasrec in Gauteng omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici van verskeie nooddienste was kort na 08:30 op die toneel waar die minibus op die sykant in die noodbaan gelê het.

“Een persoon was vasgepen onder die taxi, terwyl verskeie ander langs die pad gesit het,” sê Meiring.

Die slagoffer wat onder die wrak vasgekeer was, het veelvuldige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

“Die tien ander pasiënte het ligte tot matige beserings opgedoen. Hulle is behandel en deur verskeie [nood-]dienste na nabygeleë hospitale geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JM ·

Taxis ry soos hooligans; geen wonder dat daar soveel ongelukke plaasvind nie.

Anoniem ·

Dit is absoluut verstommend om te sien hoe roekeloos en met watter arrogansie taxi bestuurders bestuur. Hulle het geen respek vir die padreëls of ander bestuurders nie. As dit nie vir die ander voertuie op die pad is wat uit hulle pad probeer bly nie, sal daar veel meer taxi ongelukke wees.

Ellie ·

Daar word nerens genoem dat daar ‘n “ondersoek van stapel gestuur gaan word” nie. Hoe beland ‘n taxi net op sy kant? Die drywer moet aangekla word van moord, nalatige bestuur en die lisensie moet weggevat word…en dan natuurlik tronkstraf. Hy het ‘n persoon se lewe geneem!

Di ·

Die Taxis beheer mos die land, hoef aan geen padwette gehoorsaam te wees nie. Selfs die regering is bang vir die klomp, daarom word daar niks gedoen aan hulle nie, kom weg met als.

Anoniem ·

Drywer? Nie ‘n woord word gerep oor die drywer nie, baie eienaardig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.