Een sterf, talle beseer toe voertuie bots

Foto: Rescue Care

Een mens is dood en verskeie ander beseer nadat drie voertuie Vrydagaand op die M4 Ruth First-snelweg naby die Virginia-lughawe in Durban gebots het.

Ceron Lennox, bedryfsbestuurder van Rescue Care Paramedici, het gesê paramedici is omstreeks 23:30 na die toneel ontbied. “Met hul aankoms het hulle absolute chaos en talle pasiënte aangetref,” het Lennox gesê.

“Drie voertuie het gebots wat daartoe gelei het dat een voertuig omgeslaan, een langs die pad tussen bome en bosse beland en een geringe skade opgedoen het.”

Foto: Rescue Care

Volgens Lennox is ʼn man uit een van die voertuie geslinger en het ʼn paar meter vanaf die toneel gelê. Hy het egter reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk en is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Nog ʼn vrou is ook uit ʼn voertuig geslinger en naby die voertuig gevind. Sy het kritieke beserings opgedoen en is aan ʼn ventilator gekoppel voordat sy na die hospitaal gehaas is.

“Agt ander mense het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is,” het Lennox gesê.

Die polisie sal die oorsaak van die botsing ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Vreemd want dit is breë eenrigting snelweë in beide rigtings met ‘n spoedperk van 100kmu.

Leahim ·

Ek vind die motor ongelukke berigte altyd vervelig. Ek sou graag wou lees van Mugabe wat gesê het Mandela was kop in een mus met die NP regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.