Een sterf toe bakkies bots

Foto verskaf deur ER24

Een man is Woensdag dood en vyf persone, insluitend twee kinders, beseer tydens ʼn ongeluk tussen twee bakkies in Randfontein aan die Wes-Rand.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 11:40 by die toneel opgedaag. Een bakkie het langs die pad gestaan en die ander een in die middel van die pad in Hondastraat.

“Verskeie mense het om die voertuig langs die pad gelê. Een man was in ʼn kritieke toestand. Vyf persone, insluitend twee kinders, het matige beserings opgedoen.”

Die pasiënte is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitaal geneem. “Die man, wat kritiek beseer is, het by die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kokerboom ·

Bakkies bots?!!! Haal asb sulke gevaarlike voertuie van pad!

Persheks Adri ·

Kokerboom ek stem gewoonlik vir jou kommentaar, maar nie hier nie. Daar is baie van ons wat eintlik weet hoe om te bestuur met groot bakkies. Dis onregverdig dat jy veralgemeen…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.