Een sterf toe lokomotiewe omslaan

Foto: SAPD

‘n Foto van die toneel. Foto: SAPD

Minstens een mens is dood nadat ʼn goederetrein Woensdag naby Madibogo in Noordwes ʼn koei getref en twee lokomotiewe omgeslaan het.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die trein was vanaf Kimberley na Mahikeng onderweg. “Die plek waar die lokomotiewe omgeslaan het, was met water bedek weens ʼn nabygeleë pan wat oorstroom het ná swaar reënval in die gebied,” het Mokgwabone gesê. “Toe die ongeluk gebeur het, was die treinspoor ook onder water.”

Mokgwabone het gesê minstens een mens is op die toneel dood. Lede van die polisie, onder wie polisieduikers, Transnet-beamptes en nooddienspersoneel, was laat Woensdagmiddag nog op die toneel.

Meer inligting oor verdere beserings was nie onmiddellik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Gideon ·

Swak instandhouding van treinspoor!! Lokomotief behoort nie om te val as bees getref word nie!! Treine bots teen groot vragmotors en kom niks oor nie!

Tong innie kies ·

Beslis nie die koei wat die oorsaak is nie.Eerder die water maar ek dink ook onderhoudswerk is te blameer.

Johan van Lelyveld ·

Volgens die foto kan duidelik gesien word dat die klip onder die spoor weggespoel het. Die trein kon op sy eie net daar ontspoor het. Tragiese gebeure. Ongeag die oorsaak.

Rabes ·

Gideon en Johan, dis darem lekker om jul kommetaar te lees wat sence maak en nie ‘n klomp bog nie. Dankie julle twee.

Petrus ·

Hier begin die 30% slaagsyfer in skole deurslaan, waar het jy in jou lewe al gehoor dat n koei n diesel lokomotief kan laat omslaan. Dit is duidelik dat die spoor verspoel het wat die ontsporing veroorsaak het .

Hendrik ·

met deesdae se redenasie kan water ook opdraend loop sonder dat dit gepomp word

Jan ·

Noujatoe, nou het ek als gehoor, nou word ‘n koei ook al die vark in die verhaal gemaak, ipv instandhoudingswerk, na die water die wal duskant die treinspoor weggekalwe het en die stut dramaties verswak is.

Ek moet darem sê, dis lekker sopnat, daar waar die water so wyd na links in die veld uitlê.

Hennie ·

Was koei se skuld hulle het ge rekening dat as hy die koei stamp en die val onder die uitgewasde spoor sal die lokomotiewe veilig oor ry… ai en hulle verwag ons moet hulle snort glo…

Swanna ·

Hier gee ek die trein drywers die skuld. Hulle kon die plek met versigtigheid genader het juis omdat die spoor onder water was en dit gaan ‘n baie duur operasie wees om daai twee yster perde weer op hul voete te kry. Die verspoeling is maar die natuur en ook nie swak onderhoud nie, dit gebeur. Hoeveel keer het ons oor die nuus gesien die afgelope tyd waar daar swaar reenval was hoe alles verspoel het en as jy na die foto kyk is daar swaar donker wolke in die agter grond. Groete.

Leendert ·

Dis maar deel van hul (die spoorweë se) werk om voortydig en deurlopend inspeksie te doen, veral in daardie gebiede waar daar storms edm was, sodat daar instandhoudingwerk vooraf gedoen kan word soos benodig. Dit help nie hulle hoop maar vir die beste nie, en as die ongeluk eers gebeur het, soos dit maar die norm met als geraak het, dan spring hulle in.

Martin ·

Swanna nërens in die rëlboek word n spesifieke beskrywing gegee vir spesifieke toestande nie. Daar word genoem van hoe moet hy optree in buitengewone toestande moet hy sy trein so beheer dat hy die beweging kan stop in die afstand wat hy voor hom kan sien. Hierdie drywer het sy trein nie onder beheer gehad nie en ook nie spoed verminder nie. Hy moes gestop het toe hy sien die spoorbaan is toe onder water want jy weet nie wat die toestand van die spoorbaan is nie.

Martin ·

Swanna nërens in die rëelboek word n spesifieke beskrywing gegee vir spesifieke toestande nie. Daar word genoem van hoe moet hy optree in buitengewone toestande moet hy sy trein so beheer dat hy die beweging kan stop in die afstand wat hy voor hom kan sien. Hierdie drywer het sy trein nie onder beheer gehad nie en ook nie spoed verminder nie. Hy moes gestop het toe hy sien die spoorbaan is toe onder water want jy weet nie wat die toestand van die spoorbaan is nie.

Abel ·

Geen treindrywer sal weet as die spoorformasie weggespoel het nie ,behalwe as hy vooraf inkennis gestel is van moontlike rotsstortings of verspoelings nie,en ja ek is n treindrywer en trein is nie n kruiwa nie dit neem n vakuumtrein gemiddeld 1,2 kilometer om tot stilstand te kom

Danie ·

Mense. Treine stop nie so gou soos ń kar nie en daarom kan die goed gebeur. En ja dalk was ń koei deel van die ongeluk en ja dit lyk of die dam die oor saak was.
Ek lees daagliks die nuus en sê baie dankie vir dit wat maroelamedia doen vir ons. Ek skud my kop wanneer ek sien hoe gou mense dom goed sê oor dit wat hulle in hulle eie konteks lees.

Kapenaar ·

Dit moes wragtig ‘n massiewe koei gewees het…… kyk hoe het sy die spoorlyn skeefgetrap!!

Hennie ·

Verstommend! Nooit gedink daar is nog lokomotiewe wat nog nie gesteel is nie.

Jan maak n Plan ·

Dit was die koei se skuld dat die gruis onder die spoor weg is. So n stoute koei. Hulle moenie kom bolliie praat nie. Die lokomotiewe het om geval a.g.v. swak instandhouding van die spoor en toe slag hulle sommer net daar n rondloper bees vir hulle op die toneel.

Janjien ·

Dit moet ‘n eerste wees dat die koei wen. Totale snert. Almal weet dat as jy water met spoed tref is dit soos beton..

Kobus ·

Totale onsin….n laerskoolkind sou jou kon se dat die spoorlyn onder deur die water uit gekalwe was en met die gewig gesak het….die koei het moontlik water gedrink en geskrik vir die slag…nerens word melding gemaak of die koei ook dood of seer gekry het….agterlosigheid van onderhoudsspanne….hou party vir n vale…en doen nie die werk waarvoor hul betaal word

Justice ·

Skerp Diana – ek het nou lekker gelag. Ek dink `n vlieg teen die voorruit sou die trein op daardie plek kon ontspoor.

Gerhard ·

Die nuus op Maroela is puik, die kommentaar maak my dag.Jy kan dadelik sien hoe dom, slim, bitsig mense is maar mense met mooi geaardhede hede staan uit. Baie dankie dat ek mense beter kan leer ken.

Wilna ·

Hendrik jou se goed oor die “water” is goed. Lekker gelag. Kwaai.

Riaan ·

Martin, lyk vir my jy is of was n treindrywer, want jy ken jou reels, en vir die ander ouens, ek het al gesien hoe n donkie n diesel loko ontspoor.

L ·

Verstaan julle ooit hoe treine werk? Hy moes gestop het. Julle kommentaar is n joke van formaat. Dis nie n kar wat hy bestuur nie. Die blaam val op transet alleenlik daar want n koei kan nie maak dat n trein ontspoor nie.

willie ·

As n gewese drywer het ek 33jar diens gehad Ek kan net my kop skud in ongeloof oor al die kommentaar wat gelewer word Sal niks doorop se nie want as jy nog nooit is so n of soortgelyke situasie was nie sal jy nie verstaan nie Die natuur het n vreemde manier om dinge op n onverwagte manier vir jou moeilik te maak PUNT

Pieter ·

Defnitief flash flood gewees, geen manier n koei se skuld gewees nie, hoe weet hulle dit was n koei en nie bul nie…het vir 13 jaar dai lyn geinspekteur 2 weekliks trollie gery, daardie area nie geneig om flash floods te kry nie, maar soos ons geleer was om weer patrone dop te hou en die treinbeheer amptenare te laat weet om drywers te waarsku as jy vloede verwag om op sig te ry of om self in jou trollie te klim en die baan te gaan inspekteur as jy vloede verwag het, moet ook se 286 km seksie om te inspect, but it comes with the trade, of dit nog gedoen word ….?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.