Een sterf toe motor onder vragmotor beland

Foto verskaf deur ER24

ʼn Man is Maandag dood tydens ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn motor op die R101, sowat 40 km buite Polokwane.

“Paramedici van ER24 het net ná 12:00 by die toneel opgedaag,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “ʼn Motor was onder ʼn vragmotor, wat houtpalette vervoer het, vasgekeer. Die manlike bestuurder van die motor het geen teken van lewe getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Nog ‘n pasiënt op die toneel het slegs geringe beserings opgedoen. “Dié man is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.