Een sterf toe motor, vragmotor bots

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Een mens is dood en nog twee beseer nadat ʼn motor en ʼn vragmotor Vrydagaand op die N12 in Fochville, Gauteng, in ʼn grusame botsing betrokke was.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 21:30 op die toneel aangekom. Een mens wat in die botsing betrokke was, maar slegs geringe beserings opgedoen het, het op die toneel rondgeloop.

“Twee ander mense was in die motor vasgekeer. Brandweerbeamptes moes meganiese toerusting gebruik om hulle uit die wrak te bevry,” het Van Huyssteen gesê. “Paramedici het die insittendes ondersoek en gevind dat een slagoffer noodlottige beserings opgedoen het. Die ander pasiënt was ernstig beseer.”

Die beseerdes is deur ER24 en die provinsiale nooddienste na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die botsing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lientjie ·

Dis tragies maar ek dink dit moet lees N12 Buite Fochville, die N12 loop nie deur Fochville nie.

Cherokee ·

Korrek, soos Lientjie sê. Dit was waarskynlik by Kraalkop.

Jaco ·

WERKLIK N WONDERWERK.
Die 2de persoon hoop ek besef dat God daadwerklik n plan het met sy lewe. Hy het veseke n roeping. Dat enige iemamd lewend uit daardie wrak gekom het is werklik n getuienis van hoe groot ons Vader seliefde is. Ek hoop dat die persoon n groot getuienis hiervan sal maak

Cherokee ·

Miskien is die een met ‘geringe beserings’ die lorriedrywer.

Penellope Jones ·

Ai tog, grusame botsings wat mense se lewens so eis!

((Kan “een mens” nie maar met “een persoon” vervang word nie? “Een mens” klink baie onpersoonlik…))

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek het gisteraand van Potch teruggekeer en op die toneel afgekom. As mens na die spore kyk en die lorrie wat omgeslaan het van die botsing, wil dit lyk asof die lorrie uit ‘n plaaspad probeer het om op die N12 op te draai…en die motor dit toe getref het. Na ‘n uur se gewag is ons deur noodpersoneel aangeraai om terug te draai en met die R54 oor Vereeniging terug te keer Gauteng toe….ek was so teen 10:15 by die ongeluk, en het 00:30 by die huis gekom in Roodepoort…Die groot vragmotors wat nie kon omdraai nie, moes maar wag vir die toneel om opgeruim te word…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.