Een sterf toe skote klap tydens transitoroof

Owerhede op die toneel ná die rooftog. Foto: Twitter via @MotopiSelekaJr

ʼn Veiligheidswag is dood en nog een gewond toe ʼn groot groep gewapende rowers Dinsdagoggend op ʼn transitovoertuig in Linbro Park in die noorde van Johannesburg toegeslaan het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê soveel as 15 gewapende rowers was by die gewaagde transitorooftog betrokke. Volgens Makhubele het die rowers met AK47’s op die transitovoertuig en die veiligheidsvoertuig wat die geldwa vergesel het losgebrand.

Twee veiligheidswagte in die veiligheidsvoertuig is gewond en een het op die toneel gesterf.

“Die rowers het daarna ʼn ploftoestel gebruik om die geldwa mee oop te blaas, maar hulle kon nie daarin slaag om by die geld uit te kom nie,” het Makhubele gesê. Hy het gesê voordat die rowers egter ʼn verdere plan kon beraam is hulle onderbreek deur metropolisiebeamptes wat besig was om patrollie te doen en op die toneel afgekom het.

Die rowers het vier vuurwapens van die veiligheidswagte geroof en op die vlug geslaan. Volgens Makhubele het die rowers in ongeveer sewe voertuie, onder meer ʼn VW Golf 7, ʼn BMW en ʼn Hyundai H1, van die toneel gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die gewonde veiligheidswag is na ʼn hospitaal geneem terwyl die ander wag se liggaam deur die forensiese patologiedienste weggeneem is.

Foto’s wat na die tyd van die toneel geneem is toon hoe patroondoppies oor die toneel gesaai lê. Sake van moord, poging tot moord en transitoroof word ondersoek.

Enigiemand met meer inligting word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

fantabulous ·

Jammer oor die veiligheidswagte my gebede is saam hul en hul geliefdes. Die transito rowe neem al hoe meer toe. Die ou NP200 bakkies wat vooruit of agterna ry help niks. Daardie mense word aan groot gevaar blootgestel. Die transito trok is “bietjie” veiliger maar net so gevaarlik en teikens vir misdadigers. Sterkte aan almal betrokke en hoop die SAPD kry die “wetters”….

HPV ·

En so tel ons voort die nuwe jaar in, vyftig moorde per dag! Minderheid misdadigers regeer die meerderheid wetsgehoorsame burgers!
Simpatie met slagoffers se families.

Weduwee ·

My innige meegevoel aan die naasbestaandes van die wag wat oorlede is, my man is ook 16 jr terug dood geskied in n roof. Die mense doen geweldige gevaarlike werk, en die geldwa is ook nie veilig nie, my man was n drywer van een van die bussies.

Marinda ·

Innige meegevoel aan die familie van die oorledene. My hart gaan uit aan die mense wat in hierdie gevaarlike beroep is.

JO-anli ·

STERKTE aan oorledene se familie, dis verskriklik tragies, my neef was bestuurder van so ń wa en is doodgeskiet. En dit vir wat

Chilli ·

Ek dink dis tyd dat ons vrot land ook nou maar nie meer van geld gebruik maak nie. Jy “swipe jou kaart” of jy koop niks.Daar is hopeloos te veel veiligheids mense wie se lewens in gevaar gestel word, en dit soms vir n leë voertuig. Ek word woedend kwaad as ek sulke goed sien.

BB ·

Vir niks is iemand se lewe daarmee heen, ironies genoeg. More doen hulle dit weer want hulle het met niks weggekom nie. Dis al n paarkeer genoem, hoekom ry hulle met gemerkte voertuie rond??? Sekerlik is daar n manier om geld te vervoer wat nie so aandag trek nie.

Wilma ·

Kom nou ANC regering. Hukom is da AK 47’s in omloop
.. . Is jul dan ni veronderstel om ons SA te beskerm teen kriminele ni. Hou op om oor jul bankrek te worry en doem iets omtrent misdaad

Frikkie ·

Wilma jy verstaaan nie mooi nie. hulle noem dit werkskepping , net jammer dat mense met hulle lewens moet boet, As werk skepping werklik waar was, dat sou die soort van dinge nie gebeur het nie

jackie ·

My man het dit gedoen vir 14 jaar dis nie n lekke job nie, hulle betaal hulle mense baie min vir die tipe werk wat hulle doen dis hoekom my man besluit het hy bedank. |CIT heists gaan al hoe meer toeneem. niks kan daai rowers en n AK 47 stop nie al is daai voertuig hoe gepanser.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.