ʼn Motorfietsryer is Donderdagaand tydens ʼn ongeluk tussen twee motorfietse in Garsfontein, Pretoria-Oos, oorlede.
“Die ongeluk het op die hoek van Solomon Mahlangu- en Garsfonteinweg plaasgevind,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die twee motorfietsryers het in die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. Een van die mans is op die toneel dood. Die tweede man het ernstige beserings opgedoen en hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Die wrakke van die motorfietse het oor die pad gestrooi gelê.
Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
“Die wrakke het oor die pad gestrooi gelê”.
Is dit dan nie die oorsaak ? Nie die wrakke maar wat aanleiding gegee het daartoe ?
ja nee, die berig is maar half geskryf. geen inligting…
Ons is gisteraand verby die ongeluk, dit is so hartseer. My innige simpatie aan die familie.