Een sterf, twee beseer in skietgeveg met polisie

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Een mens is dood en twee mense ernstig beseer ná ʼn skietgeveg met die polisie Donderdagmiddag in William Nicolrylaan in Randburg, Johannesburg.

Lt.genl. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie was besig om misdaadverdagtes se motor te agtervolg, toe die skietery uitgebreek het. Dit is sover nie duidelik waarom die polisie die motor agtervolg het nie.

“Die vier verdagtes in die motor het agtergekom die polisie agtervolg hulle en het probeer wegjaag. Die polisiebeamptes het hulle agternagesit,” het Mofokeng gesê. Die bestuurder het beheer oor die motor verloor en teen twee voertuie en ʼn motorfiets gebots voordat dit gerol het.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

“Twee verdagtes het uit die motor gespring en op die polisie begin skiet. Die polisie het teruggeskiet en die twee verdagtes is ernstig beseer,” het Mofokeng gesê. “ʼn Derde verdagte het ook uit die motor gespring en kon daarin slaag om weg te hardloop.” Die vierde verdagte is in die botsing dood.

Die polisie het op die toneel op twee ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê.

Mofokeng het gesê die motoriste en motorfietsbestuurder wat in die botsing beseer is, is na nabygeleë hospitale geneem vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Irene ·

Mooi so ek wil net weet waar hulle die vuur wapens gekry het laat ons weet asb

Will i am ·

In Westonaria was daar ook n man geskiet. Blykbaar by sy huis. Weet maroela of iemand daarvan?

KarooKlong ·

Lyk my my blad word gesensor soos 95% van my kommentaar want ek sien nie die berig nie, net as ek die skakel druk in M Lourens se antwoord.

Andre K ·

Die Polisie se vaardigheid met vuurwapens verbeter……nog nie heeltemal op standaard nie……

Scalla ·

Karroklong, jou komentaar is weg soos verlede maand se pay

Leana van Zyl ·

Dit was in Republic Road net voor William Nicol. Ek werk op daai kruisiging en traffic was een groot kopseer. Toe ek half 7 ry was die kar darem weer op sy wiele en kon mens weer daai bane gebruik

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.