Een sterf, twee beseer ná voertuig teen versperring bots

Die wrak van die motor. Foto: ER24

Die wrak van die motor. Foto: ER24

ʼn Man is dood en twee beseer nadat ʼn motor Sondagaand teen ʼn versperring langs die N3-snelweg in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die wrak van die motor het in die middel van die snelweg tot stilstand gekom.

“Paramedici het die liggaam van die man sowat vyf meter van die wrak af aangetref. Hy is noodlottig beseer toe hy uit die voertuig geslinger is. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die ander twee mense was steeds in die voertuig. “Een passasier was in die voertuig vasgekeer en in ʼn kritieke toestand. Dit het die brandweer sowat 45 minute geneem om hom uit die wrak te sny, waarna hy na die Grey’s-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Meiring het gesê die bestuurder het slegs geringe beserings opgedoen. Hy is na die MediClinic Pietermaritzburg geneem vir waarneming.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Sê die wrak wat gebeur het? Of: die wrak sê wat gebeur het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.