Een sterf tydens gewapende roof by trouvenue

Maroupi (Foto: Maroupi Weddings & Functions,, Facebook)

Maroupi (Foto: Maroupi Weddings & Functions, Facebook)

ʼn 51-jarige man is Saterdagaand dood toe gewapende mans op ʼn trouvenue in Umhlali, KwaZulu-Natal, toegeslaan het.

Maroela Media verneem die voorval het by Maroupi Weddings & Functions plaasgevind.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS-paramedici, het gesê paramedici is omstreeks 21:00 na die toneel ontbied. “Die gaste het saam met die eienaar van die plaas gebraai toe die rowers toegeslaan het,” het hy gesê. “Vier van die gaste is vasgebind en aangerand.” Daar was nie ‘n troue ten tyde van die voorval nie.

Toe paramedici by die toneel aangekom het, het die eienaar langs die swembad gelê. “Hy is met ʼn hoëkalibervuurwapen in sy bors geskiet. Hy het ongelukkig reeds aan sy beserings beswyk.”

Die vier rowers het met klein, waardevolle items gevlug.

“Volgens ooggetuies was die rowers gewapen met ʼn haelgeweer, handwapen en ʼn knuppel.”

Maroela Media verneem ook die persoon wat die slagoffer geskiet het, het om verskoning gevra, wat blyk dat hy dalk nie vertroud is met die wapen nie. Die rowers het na die skietery in ‘n wegkomvoertuig gevlug.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek ‘n saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Stefanie ·

Verstaan ek reg Maroela Media…het een van sy gaste hom perongeluk geskiet?

Sune van Heerden ·

Dagsê Stefanie

Nee, dit is een van die rowers wat na bewering om verskoning gevra het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

stefanie ·

Die gemors….so voor hy geloop het, het hy jammer gesê. Dankie Sunè. Jinne ek het nou net gedink dit was ‘n skietongeluk.

snoefie ·

ek wonder of dit een van die omies van Limpopo se kluisgewere was.
simpatie aan die familie en vriende.

Annie ·

Se vir hom ook jammer wanneer jou hom dood skiet … ons praat te veel en doen te min

AL ·

Ons is vooraf gewaarsku, ons wil dit net nie glo nie. Sterkte aan sy familie.

Rooiman ·

Wedding venue = trou- of huweliksonthaalplek. Sjoe, ons het n mooi taal!

theresa ·

jammer maar ons mense te SLAPGAT OM IETS TE DOEN EK WAS 4 KEER DAAR DEUR HAAT SA MET N PASSIE

Johanna Botha ·

Nerens meer veilig nie al is daar mense om jou ….die nuwe SA …dankie aan al die ja stemme en ou FW se wigte en teenwigte wat so goed werk …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.