Een sterf tydens M1-skietery

Die presiese omstandighede van die voorval word nog ondersoek (Foto: Vision Tactical, Twitter)

Een persoon is Woensdag dood en drie beseer nadat ʼn skietery op die M1-snelweg in Woodmead, Johannesburg, uitgebreek het. Een van die beseerdes was ʼn sekuriteitsbeampte.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is om 10:53 na die toneel ontbied. Met hul aankoms op die toneel het hulle talle voertuie in die middel van die pad aangetref.

“ʼn Sekuriteitswag het in die pad gelê. Hy was in ʼn kritieke toestand,” sê Meiring.

“Drie persone is in ʼn motor aangetref. Die persoon wat in die bestuurderskant van die motor gesit het, was reeds dood. Die ander insittendes het ligte beserings opgedoen.”

Paramedici van ER24 en Netcare 911 het die beseerdes op die toneel behandel voordat hulle na verskillende hospitale toe geneem is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die sekuriteitswag is in ʼn ernstige toestand per helikopter na ʼn private hospitaal gehaas. Die ander beseerdes is per ambulans na nabygeleë hospitale geneem.

Volgens Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, word die presiese omstandighede van die voorval nog ondersoek.

Yaseen Theba, direkteur van Vision Tactical-sekuriteitsmaatskappy wat ook op die toneel was, sê ondersoek word ingestel om te bepaal of die skietery dalk taxi-verwant of deel van ʼn transitorooftog was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blomme ·

Chaos in Suid Afrika… Geweld en moord is nou sinoniem met ons eens mooi land!

Anoniem ·

Chaoties! Die Regering moet hul liewer bepaal om die Misdaad in ons land op te klaar as om soveel aandag aan COVID te spandeer. Ja, onskuldige mense word ook geraak deur Covid, maar solank die mede landsburgers nie voldoen aan die Inperkings nie sal dit nooit hok geslaan kan word nie. Misdaad kan wel hok geslaan word AS die Regering daadwerklik wil optree .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.