Een sterf, vier erg beseer ná trompop botsing

Foto: Netcare 911

Ernstig beseerde mense moes Dinsdagaand uit twee voertuigwrakke gesny word, nadat die voertuie reg van voor op die R57 tussen Sasolburg en Heilbron gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 19:15 na die toneel ontbied. Daar het hulle die erg verfrommelde wrakke van die voertuie aangetref met wrakstukke wat wyd verspreid oor die toneel gelê het.

“Sommige van die beseerdes was steeds in die wrakke vasgevang en lede van die brandweerdienste moes meganiese toerusting gebruik om hulle te bevry,” het Botha gesê. “Een man het lewensbedreigende beserings opgedoen en nog vier insittendes was ernstig beseer.”

Die kritiek beseerde bestuurder is op die toneel gestabiliseer en aan ʼn ventilator gekoppel voordat hy per helikopter na ʼn hospitaal geneem is. Die man het egter kort ná sy aankoms by die hospitaal aan veelvuldige beserings beswyk.

Die ander beseerdes is ook op die toneel gestabiliseer voordat hulle per ambulans na ʼn hospitaal in Heilbron gehaas is.

Die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Oupa ·

Ek wonder watter tipe voertuig het die ander party bestuur tydens hierdie botsing…
Dis opvallend dat fotos van sulke botsings selektief geplaas word: is dit bedekte sensuur?

Annelize ·

Oupa, in die Heilbron Herald is ‘n foto van die ander voertuig. Dit lyk soos ‘n doodgewone Toyota bakkie, enkelkajuit.

Pam ·

RIP JC Pretorius. Meloney jy en die seuns is in my gedagtes en gebede. Ook JC se ouers en suster

Frik ·

Hoeveel keer het ek dit nie al beleef dat van ons mede-broers geen respek vir n soliede witlyn het nie. Steur hul eenvoudig nie aan die padreëls nie. Dis tyd dat die owerheid begin optree teen bestuurders wat sperstrepe verontagsaam en hul lisensies permanent wegneem asook taxi’s wat in die noodbane ry en almal verbysteek en dan net vorentoe indruk. Vat hierdie bestuurders vas en van die pad af

Piet Pompies ·

Albei voertuie is bakkies, die een ‘n enkel kajuit met minder skade en die ander ‘n dubbel kajuit met meer skade. Aan die skade van die dubbel kajuit bakkie kan gesien word dat spoed ‘n rol gespeel het.
Voertuie word gebou met verskeie veiligheids eienskappe en toetse word gedoen om dit te bewys, die probleem is dat die eienaar met die gedagte sy voertuig gebruik en dink hy kan jag en veilig wees. Dit is hier waar ‘n oordeelsfout gemaak word, teen hoe spoed is die veligheids eienskappe nie meer effektief omdat die voertuig verwronge raak.

Alida ·

Shoe Piet Pompies maar jy is darem slim. Vergeet daarvan om jou kennis oor te dra en dink aan die beseerde mense betrokke.

Gerald ·

Ek dink nie mense moet bespiegel oor die spoed van die voertuie of wie het waar verby gegaan nie daar is familie wat in rou gedompel is.Frik ek wil egter absoluut met jou saamstem,jy sien gereeld die verkeers beamptes met spoed kameras op die Sasol/Heilbron pad en soms word voertuie afgetrek vir “inspeksies” en dan sien jy daardie voertuie,wat duidelik nie padwaardig kan wees nie, maar net weer verder ry,soliede spertstrepe en selfs dubbel sperstrepe word doodeenvoudig ignoreer. Sterkte aan die familie,so tragies.

Varkie ·

Dis n aanlyn nuus webwerf wat oop is vir komentaar, as jy nie van dit hou nie hoef jy nie tot onder te scroll en dit te lees nie.

Haastig ·

Mag ek NOOIT só haastig raak om ‘n paar sekondes te probeer wen maar daardeur my lewe te verloor. Nog erger pleeg ek moord deur ander dood te maak.
Ek het verlede nag ook geruime tyd agter ‘n swaar voertuig aangekruie teen 60 km/h maar ek het lewendig tuis gekom.
Dit kan tog seker nie té moeilik wees om jou oë oop te maak en te kyk of dit veilig is om verby te gaan? Twyfel jy dan bly jy net waar jy is!! Jy het ‘n verstand gekry om verantwoordelik op te tree. Vandag se voertuie gee jou ‘n valse vertroue van veiligheid asof jy in ‘n ondeurdringbare koekon toegedraai is.
Elke voertuig moet deur die wet verplig word om ‘n aanboordkamera (dashcam) te hê wat ten alle tye jou doen en late registreer dan sal dit nie nodig wees om allerhande ondersoeke te doen oor wat dalk kon gebeur het.
K53 is ‘n foefie wat jou half-opgelei op die pad loslaat maar niemand behalwe jyself kan jou kop regdraai sodat jou gesind reg is teenoor die manier wat jy optree agter die stuurwiel. Dis mos moeite om op klein plattelandse dorpies stil te hou by stopstrate. Nou gaan dit al verder met jou padgedrag en die grootste ramp is dat jou kinders wat sien wat jy doen ook eendag so gaan optree.

Willie ·

Haastig ek wil vir jou sê dat al kry jy opleiding in die hoogste graad en jy steur jou nie aan die reels van die pad of jou mede padverbruiker nie wat orals op ons land se paaie nou is help dit niks. Hulle gee net nie om nie

Leon van Rensburg ·

My oorlede ouma het altyd gesê, eerder 5 minute laat as dood op tyd!

Nettie ·

@Leon, jy het ‘n baie wyse ouma gehad. Ek is eerder laat as wat ek nooit by my bestemming aankom nie. Maar nou huldig nie almal daardie standpunt nie, nè? En nie almal het respek vir ander mense se veiligheid nie. Dit is ‘n baie, baie hartseer saak vir die gesin, vriende en familie van die oorledene en beseerdes. Sterkte aan almal!

Piet Pompies ·

Dit is ‘n feit dat ‘n verkeerde besluit agter ‘n voertuig se stuurwiel jou en jou familie en of ander padgebruikers se lewe vir ewig gaan verander. Nie die polisie, verkeersbeampte of enige ander wetgewer gaan die verkeerde besluite voorkom. Dit is die bestuurder se verantwoordelikheid om die regte besluite te neem.
So, of jy daarvan hou of nie, dit is jou saak as jy die simptome wil behandel in plaas daarvan om die problem op te los. Daar is wel een persoon oorlede en wat ek of jy ookal skryf kan dit nie verander maar as ons kommentaar ‘n soortgelyke ongeluk kan voorkom het ons iets bereik.

Alida ·

Ai Piet ons weet dit maar alle padgebruikers is so verantwoordelik soos jy nie. Kyk maar oor die paasnaweek hoeveel roekelose ongelukke was daar. In hierdie geval is ek van mening dat dit werklik ‘n ongeluk was en nie te wyte aan nalatigheid nie.

Lynette ·

Alida, n tromp-op botsing is ALTYD te wyte aan die nalatigheid van ten minste EEN van die partye – OF dronkenskap, OF aan die slaap raak agter die stuur, OF ongeduld en steek op sperstreep of bult verby, OF op selfoon – in al die gevalle NALATIGHEID.

Oupa ·

Annelize, my kommentaar was aan Maroela gerig. Ek woon nie in Heilbron nie.

George ·

JA SULKE GOED GEBEUR OMDAT VOERTUIE NI PADVAARDIG IS NIE EN DAARVOOR GA ONSKULDIG MENSE ONNODIG DOOD!!!!

Jof ·

Dis ‘n nuwe Ford Ranger in die foto’s hy is verseker padwaardig… dit gebeur oor mense nie die reëls nakom nie…

rina hartzer ·

Ons harte gaan uit na Melony en die kinders as ook JC junior se ouers Jc senior en Dollie, en ek wil net vir die baie kommetaar op die blad se, wat het stop by klein plattelandse dorpies met die grusame botsings te doen. En se vir my, hoe onvesrillig kan jy wees, of hoeveel spasie het n bestuurder of hoe verantwoordelik is n bestuurder as hulle 4 voor in n enkel kajuit voertuig kan sit! Moenie sommer aanneem of dit n groot bakkie is dit is die persoon se skuld nie, sover gerugte dit het, het die enkelkajuit bakkie net 4. Insittendes voor in die bakkie, n trok verby gesteek en en Ford ranger bakkie van voor getref. Die familie is in rou gedompel, so ook die dorp, respekteer dit (asseblief).

George ·

EK WEET DIT IS EEN!! HOE WEET JY WAT DA GEBEUR HT .WIE REG OF VERKEERD WAS.SAL SIEN NA VERDERE ONDERSOEKE WANT MENSE JAAG EN VAT VOERTUIE VERBY OP DIE SPERSTREEP.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.