Een tree nader aan 2016-matriekuitslae

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van basiese onderwys het Vrydag met Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding vergader, terwyl matrikulante landswyd angstig sit en wag op 4 Januarie wanneer hul matriekuitslae bekend gemaak word.

Lede van die parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys en verteenwoordigers van onderwys in Botswana en Zambië het ook die vergadering in Pretoria bygewoon.

Elijah Mhlangu, woordvoerder vir die nasionale departement van basiese onderwys, het gesê deur 2016 is daar ʼn bykomende poging aangewend in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Limpopo waar die matriekslaagsyfer in 2015 gedaal het.

“Minister Angie Motshekga, adjunkminister Enver Surty en direkteur-generaal Mathanzima Mweli het vir die eerste keer die provinsies besoek om met hulle te vergader oor die 2015 uitslae, en om hulle met die gepaste ingrypings te ondersteun,” het Mhlangu gesê. “Ons hoop dat dit hierdie jaar sal verbeter. Ons het nie ʼn spesifieke doelwit nie, maar enige verbetering sal verwelkom word.”

Ongeveer 815 000 leerders het in Oktober die nasionale seniorsertifikaateksamen by 7 000 eksamensentra oor nege provinsies heen afgelê.

Lucky Ditaunyane, woordvoerder van Umalusi, het aan African News Agency gesê die uitslag van vandag se vergadering sal volgende week Donderdag bekend gemaak word.

Die uitslae wat Motshekga in Januarie vanjaar bekend gemaak het, het gewys dat Suid-Afrika se slaagsyfer vir 2015 op 70,7% staan, ʼn afname van 5% in vergelyking met 75,8% in 2014.

Die Wes-Kaap het die beste gevaar van alle provinsies met ʼn slaagsyfer van 84,7%, gevolg deur Gauteng met 84,2% en die Vrystaat met 81,6%.

Die Oos-Kaap het die swakste gevaar met 58,6%, in vergelyking met 65,4% in 2014.

Matrikulante kan nou registreer om ʼn SMS te ontvang sodra hul uitslae gratis op Maroela Media beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jaco ·

dit lyk na n monkey puzzle antwoordstel op daardie foto. ek wens ek kon so matriek geskryf het. ek moes hard leer en eksamens was moeilik

Justin ·

Dis nie ons vraestelle nie?
Ons was dalk bevooreg om 1 so vraag in ons hele eksamen te gekry het

Jan maak n plan ·

Hierdie punte beteken eintlik niks vir die kinders nie want die regering kook dit so en sodoende verloor dit sy krediet waardigheid.

Oompie ·

Jan, ja en so sal al daardie agt plus onderskeidings dus ook nikswerd wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.