Een tydens huisroof doodgeskiet

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Vermeende rower is Saterdag in die vroeë oggendure tydens ʼn rooftog by ʼn huis in Leeudoringstad in Noordwes doodgeskiet.

Lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê ses gewapende rowers het omstreeks 01:30 toegang tot die huis verkry. Volgens Makau is dit nog nie duidelik hoe die rowers die huis binnegekom het nie.

Die rowers het vier volwassenes en twee kinders in die huis oorval. “Die verdagtes het koevoete en vuurwapens by hulle gehad. Hulle het na bewering van die slagoffers met die agterkant van ‘n vuurwapen geslaan en gedreig om hulle te skiet,” het Makau gesê.

Sy het gesê in die proses het die eienaar van die huis sy vuurwapen in die hande gekry en na bewering een van die rowers geskiet. Die rower is op die toneel dood. “Die vyf ander verdagtes het met juweliersware en ʼn selfoon van die toneel gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Makau kon nie onmiddellik die ouderdom van die persoon wat doodgeskiet is bevestig nie. Sy het gesê die slagoffers is nie ernstig beseer nie.

Sake van moord en huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Agnee ·

Saak van moord. So mens moet eerder jouself die verdedig nie anders word jy aangekla van moord….

Dirk01 ·

Ondersoek na moord en roof is korrek dit is die ondersoek wt algemene prosedure is, die ondersoek beampte sal die ondersoek afhandel en korrekte aanbevelings maak vir die staat .Sien geen rede vir vuilspel van eienaar hy het opetree soos ons almal hier mekaar aanmoedig om op te tree en sulke aanvalle te oorleef . Bewapen jou self en familie oefen oefen en bly paraat.

Sêmaarnet ·

Eerstens, baie sterkte aan die gesin wat aangeval is – hoop julle verwerk die trauma gou.
Tweedens, verduidelik tog asb vir my wat is die aspirasie van iemand wat sê ‘genoeg is genoeg!’ verwysend na die misdaad? Dink jy daar gaan iets gebeur en die roof en moord gaan afneem of ophou?? Komaan, skrik wakker, jou koffie raak koud…..

Riaan ·

Dit staan mos geskryf in die grondwet dat jy jouself mag beskerm… saak van moord, dis lagwekkend

snoefie ·

jy sien dit so, ek sien dit so, die grondwet sien dit so, maar jz se anc lees net n ander bril.

Wetsgehoorsaam ·

Ons sit heeltyd met hierdie dillema. So Afrifurum, stig asb n groep wat mense wat hulself in sulke situasies verdedig help met regsaspekte.

Doring ·

Dis die doring van die leeu van Leeudoringstad wat gepraat het.

Kryn ·

“Saak van moord word ondersoek”
Onnodig Min. Gigaba.
As ses mense, half twee in die nag, sonder dat jy hulle binnegelaat het, in jou huis ‘kuier’ met pangas, koevoete en vuurwapens en dreig om jou en jou huismense te vermoor en jy beskerm jou mense se lewens is dit duidelik selfverdediging.
Gee hom eerder ‘n medalje omdat hy iets daadwerklik doen om misdaad te bekamp.
As elke huisroof so afloop sal misdadigers wat oorbly baie vinnig belangstelling verloor.

Hoe nou? ·

Ek moes nou eers weer ‘n keer gaan lees om te prober agterkom wat Min Gigaba met hierdie uit te waai het…… weet nog steeds nie

Marina Richter ·

Baie sterkte aan die gesin, so iets is vreeslik. Ek self bly in Leeudoringstad en om te dink so iets gebeur in so klein dorp, in jou omgewing. Dis skokkend. Dinge ruk mal, is net die week deur protes in Bloemhof wat amper kon hand-uit ruk. Tyd vir ‘n vuurwapen.

Leon ·

Ek weet nie van een wedstryd wat met verdediging gewen is nie, wat nog van n oorlewingstryd. Daar is net een manier om te wen en dit is met sterk offensief!

Wanda ·

Familie van die mense wat aangeval is was hier by my toe dit gebeur het. Die arme vrou vrou is herhaaldelik teen die kop en in die gesig geslaan met ʼn vuurwapen. Hulle is ook met gwalas en pangas geslaan en gekap. Dis jammer dat van hulle weggekom het

cor ·

As dit ‘n plaaslike vermeende rower is wat dood geskiet is sal daar seker weer ‘n Coligny getrek word. Want dan was hy nou n onskuldige tuin werker. Die opstokers en politici sal dit verdraai soos dit hulle pas.

Jean ·

Hyt seker weer blomme gepluk vir sy siek ma, toe skiet die wrede boer hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.