Een van Afrika se grootste olifante gestroop

WAARSKUWING: Die foto’s wat onderaan die berig verskyn kan sensitiewe kykers ontstel.

Satao. Foto: Tsavo-trust

Satao. Foto: Tsavo-trust

Een van Afrika se grootste olifante is in Kenia dood nadat hy deur stropers met gifpyle geskiet en vir sy ivoortande gestroop is.

Die olifant wat wêreldwyd bekend was vir sy reuse ivoortande, het as Satao bekend gestaan en was omtrent 45 jaar oud. Hy is in Mei vanjaar in die Tsavo-nasionale park in Kenia gewond deur stropers wat hom met gifpyle geskiet het.

Stropers het die olifant se gesig vermink en sy ivoortande uitgekap. Die karkas is vroeër die maand gevind. Veldwagters wat Satao vir jare agtervolg het, het hom onder meer aan sy ore uitgeken.

“Dit is met groot leedwese dat ons bevestig dat Satao dood is. Hy is deur ivoorstropers vermoor om die skynbaar onversadigbare vraag na ivoor te voed. ‘n Groot lewe is verloor sodat iemand ‘n aandenking op hulle kaggelrak kan hê, ” het die Tsavo-trust in ‘n verklaring gesê.

“Rus in vrede, ou vriend, jy sal gemis word.”

Meer as 20 000 olifante is verlede jaar in Afrika vir hul ivoortande gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elaine ·

hulle moet die bl*ksems bo-oor n warm vuur vasmaak en daar los. hulle moet voel hoe word hulle gaar.

Kosie ·

Hulle het geen respek vir die Skepper se handewerk nie. Dit is so tragies.

Elizabeth ·

Vieslike, vieslike barbare en VIESLIKE afskuwelike kopers van ivoor – as daar nie kopers was was daar nie ‘n mark en dus sou die goed nie gebeur nie. Ek verafsku ALLE suurstofdiewe wat enige dier martel, mishandel of misbruik.

Hannes ·

‘n Olifant is baie intelligent en het emosies. Sy moordenaars het verseker nie hierdie kwaliteite! Eisch ! Jammer dat so ou soos hierdie doelloos en wreed vermoor is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.