[OPVOLG] Die polisie het intussen bevestig dat al drie kleuters opgespoor is. Lees die opvolgberig hier.
Een van die driejarige kleuters wat Dinsdagaand spoorloos in Motherwell in die Oos-Kaap verdwyn het, is gevind.
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê Linandle Zenzile (3) is Woensdagmiddag deur werkers gevind waar hy op ʼn weegbrug by ʼn steengroef tussen Uitenhage en Motherwell gesit het. Die werkers het die polisie in kennis gestel en beamptes het die kind daar gaan haal.
“Behalwe dat hy honger en uitgeput was, lyk hy fisies ongedeerd. Hy is wel na ʼn hospitaal geneem om ondersoek te word,” sê Naidu. Die kleinding het aan die polisie gesê hy en die ander twee kleuters het verlore geraak en in die bos geslaap.
Maroela Media het vroeër berig Linandle het Dinsdagmiddag saam met Othandwayo Zenzile (3) en Nande Nombewu (3) in ʼn oop stuk veld naby hul huis gespeel. Nadat die kleuters omstreeks 15:00 nie meer gewaar is nie, het hulle ouers in die omgewing na hulle begin soek.
Die polisie is omstreeks 22:00 ontbied toe die kleuters teen daardie tyd steeds nie gevind was nie en ʼn volskaalse soektog is van stapel gestuur.
Naidu sê die soektog na die ander twee kleuters duur steeds voort. Die gemeenskap het in groot getalle by die soektog aangesluit en die polisie se soek-en-reddingseenheid met snuffelhonde, asook die lugvleuel, help om in die digte bosse te soek waar die kinders vermoedelik kan wees.
Othandwayo het ten tyde van sy verdwyning ʼn grys kortbroek en ’n swart gestreepte T-hemp aangehad en Nande ’n rooi sweetpak en ’n blou T-hemp. Enige inligting wat die polisie in hul soektog kan help, kan by kapt. Shaun Harmse by 082 442 1232 of die naaste polisiestasie aangemeld word.
Almal is gekry volgens n ander nuusapp
dit wys waste ouers hulle het. Kyk nie na kinders nie
Christa, dis seker moviese lekker om so judgemental te wees, ne…
Christa is ongelukkig reg. Kinders van 3 jaar kan nie alleen gelos word nie.
Jy kan maar gaan kyk in nedersettings van armes is die kinders altyd op eie genade, speel aleen in die veld ens. Hoe kan jy ‘n 3jarige onder jou toesig laat gaan, hoekom het hulle nie by die huis gaan sit en speel nie,waar daar toesig veronderstel is om te wees. Ek as ‘n mamma is baie dankbaar dat die kinders gevind is, dis tog jou werk as ouer om jou kind op te pas en te beskerm vir al nou waar dinge in ons land vol lelik en harseer is.
My hart breek as ek net dink hoe bang en honger en dors die kleintjies moes gewees het – dis aaklig. Ek is net so bly hulle is ongedeerd gekry.