Een van Khayelitsha-vierling sterf

Inganati Mafenuka, ma van die Khayelitsha-vierling, het Kfm se ateljee op 10 Julie besoek waar hulle hul eerste verjaarsdag gevier het (Foto: Armand Hough/African News Agency/ANA)

Een van die Khayelitsha-vierling, Bubele Mafenuka, is Donderdag ná ʼn kort siekbed oorlede.

Bubele is dood by ʼn plaaslike kliniek in Kaapstad ná die vierling hul eerste verjaarsdag verlede maand gevier het. Die vierling is in Julie verlede jaar by Tygerberg-hospitaal gebore.

Hul ma, Inganathi Mafenuka, was 22 jaar oud en ʼn finalejaarstudent aan die Richfield Graduate Instituut van Tegnologie. Sy het studeer om ʼn diploma in inligtingstegnologie te bekom. Die twee seuns en twee dogters is op 29 weke gebore deur middel van ʼn keisersnee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

INA ·

Jammer om dit te hoor. Kort siekbed? Moontlik griep? Sterkte aan die mamma…

Sandy ·

Dis vreeslik hartseer. My innige simpatie vir die familie van die kleinding. Mag God julle in sy arms omvou en julle deur die bitter tyd dra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.